Video: IS stel baie tereg

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Sedert die IS sowat nege maande gelede skielik met sy groot opmars begin en ’n “kalifaat” uitgeroep het, het dié terreurorganisasie minstens 1 878 mense in Sirië tereg gestel.

Die syfer kan veel hoër wees, aldus die Siriese Observatorium vir Menseregte. Agt vroue en vier kinders tel onder diegene wat tereggestel is.

Baie van die terregesteldes is van die Sheitaatstam in Sirië. Dié stam verset hulle teen die IS. Meer as 500 persone wat tereggestel is, was lede van pres. Bashar al Assad se weermag, wat deur die IS gevange geneem en tereggestel is. Altesaam 81 mense wat tot ander groepe behoort wat teen Bashar se bewind veg, is ook tereggestel.

Volgens die Observatorium was minstens 120 van die slagoffers lede van die IS self wat daarvan verdink is dat hulle nie die vorm van Islam aanhang waarop die IS geskoei is nie, of wat wou terugkeer huis toe.

Hierdie syfers sluit net die IS se slagoffers in Sirië in. In Irak het die IS ook baie mense vermoor, waaronder heel Soenie-stamme. Nuwe massagrafte word steeds gevind in areas wat van die IS herower is. Onlangs is ook berig dat die IS baie van sy eie mense wat ‘n strategiese punt teen Koerdiese eenhede moes verdedig, tereggestel het.

Hierdie video is ‘n aanduiding van die hoeveelheid teregstellings wat plaasvind. Waarskuwing: Die video kan sensitiewe kykers ontstel.
http://youtu.be/FTQ098bH8sk
Bronne: Trouw, BBC, Time, Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Guanita ·

Wel… Ek is geen kenner nie, maar ek dink dat die quran en die Bybel duer verskillende mense gekryf is, en op die ou einde van die dag verskil die gelowe baie. In wese is die Moslems veronderstel om vredeliewend te wees… maar die waarheid is, sodra hulle 2 keer op n plek gebid het is dit heilige grond beskore vir Moslems alleenlik en enigiemand wat durf om dit teen te staan se lewe is niks werd ni. Christene glo in Jesus, hierdie mense glo in niks… hulle gebruik geloof as n verskoning vir haatlike dade wat als te doen het met grond gewin. Dit is nie reg om God te bevraagteken nie, God maak nie dood nie, die duiwel doen… en wat ek hier sien is duiwels kinders.

Henkst ·

In die katolieke Vulgaat is die duiwel slegs verantwoordelik vir die dood van 10 mense. Job se sewe seuns en drie dogters
Vergelyk dit met God se 2,821,364 die sondvloed uitgesluit.

Petrus Swanepoel ·

Christenskap is ‘n leefwyse volgens die Bybel se riglyne waaroor ons trots is. Dieselfde is nie van toepassing op Moslems en IS.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.