[Video] Italië-aardbewing: Dodetal styg skerp

ʼn Gebou wat ineengestort het in Amatrice, Italië op Woensdag, 24 Augustus 2016. Foto: AP Photo

ʼn Gebou wat ineengestort het in Amatrice, Italië op Woensdag, 24 Augustus 2016. Foto: AP Photo

Die dodetal in die aardbewing wat Woensdag in die vroeë oggendure die sentrale gedeelte van Italië geskud het, het intussen tot 63 gestyg.

Reddingswerkers is egter steeds besig om mense onder die puin uit te haal en die moontlikheid bestaan dat die dodetal nog skerp kan styg. Ten minste 150 mense word vermis.

Maroela Media het vroeër berig die aardbewing wat 6,1 geregistreer het, het die grootste skade in Accumoli en Amatrice, noordoos van Rome, aangerig. Volgens mediaberigte word reddingspogings bemoeilik aangesien werkers sukkel om die afgeleë dorpies te bereik.

Die BBC berig dat die burgemeester van Arquata del Tronto, Aleandro Petrucci, die skade beskryf het deur te sê “daar is nie meer ʼn dorp nie”.

Van die skade in Amatrice, Italië op Woensdag, 24 Augustus 2016. Foto: AP Photo

Van die skade in Amatrice, Italië op Woensdag, 24 Augustus 2016. Foto: AP Photo

Intussen moes beseerdes in Amatrice na nabygeleë dorpe geneem word om behandel te word aangesien die plaaslike hospitaal onbruikbaar gelaat is. Die burgemeester van die dorp, Sergio Pirozzi, het gesê die dorp is besig om ʼn plek voor te berei om die liggame van die oorledenes tydelik te stoor. “Die paaie na en van die dorp is heeltemal afgesny. Die helfte van die dorp is weg. Tientalle mense is onder die puin vasgekeer en as gevolg van ʼn grondverskuiwing kan ʼn brug dalk ingee,” het hy gesê.

The Guardian het intussen berig dat ʼn aardbewing wat 6,8 geregistreer het, Mianmar ure later getref het. Die aardbewing was glo só kragtig dat dit tot in Bangkok, ongeveer 1 000 km weg, gevoel is.

ʼn Video van reddingswerkers wat ʼn vrou probeer kalmeer wat onder die puin in Capodacqua in Italië vasgekeer is, is vroeër op sosiale media gedeel:

https://www.facebook.com/corpoforestale/videos/606444889535710/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willie ·

In die berig oor die aardbewing: bewing tot in Bangkok gevoel word, 1000 km verder.
Iets klop nie: afstand tussen Bangkok en Rome is 8823 km.
Dankie vir julle vinnige e-koerant wat so maklik kees.
Willie Goosen

Landi Slatter ·

Dagsê Willie,

Dankie vir jou terugvoer! Die berig maak melding van twee verskillende aardbewings. Die een waarna hier verwys word was in Mianmar.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.