Video: Jack the Ripper dalk ná meer as 100 jaar uitgeken

Jack the Ripper

Jack the Ripper

DNS-toetse het die werklike identiteit van Jack the Ripper aan die lig gebring, meer as 100 jaar ná hierdie legendariese reeksmoordenaar Londense prostitute geteister het.

Jack the Ripper het minstens vyf, maar moontlik tien straatvroue wreed vermoor.

Die toetse het aangetoon dat die werklike Jack the Ripper Aaron Kosminski, ‘n Poolse Jood was wat saam met sy ouers uit Pole voor die Russe gevlug het. Kosminski was een van drie hoofverdagtes teen wie die aanklagte nooit bewys kon word nie. Hy was as paranoïese skisofreen bekend, en is hieroor ook naderhand in ’n inrigting opgeneem, waarna die moorde opgehou het.

Kosminski is positief deur DNS met die moorde verbind. Dit het gevolg na die sakeman, Russel Edwards, in 2007 ’n sjaal op ‘n veiling aangekoop het wat aan een van die slagoffers behoort het.

Gevorderde DNS-toetse het liggaamsvloeistof van die slagoffer en die moordenaar bevat, en is met familie van Kosminski vergelyk.

Bron: Trouw

_

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paplepel ·

…as ons Polisie nou net die helfte so hard aan ‘n saak wou werk…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.