Video: Jongste tiener voltooi solovlug om die aarde

Matt Guthmiller Foto: karlenepetitt.blogspot.com

Matt Guthmiller Foto: karlenepetitt.blogspot.com

ʼn Tiener van Amerika is dalk die jongste persoon ooit wat alleen ʼn solovlug om die wêreld afgelê het.

Matt Guthmiller (19) van Suid-Dakota het die 46 670 km lange reis Maandagaand voltooi toe hy in El Cajon, Kalifornië, geland het. Hy het op 31 Mei vertrek. Sy laaste 16 uur lange vlug het hy tussen Honolulu in Hawaii oor die Stille Oseaan na El Cajon afgelê.

“Dis baie lekker om terug te wees,” het Guthmiller gesê toe sy ma en verslaggewers hom verwelkom het.

Die vorige rekordhouer was Ryan Campbell van Australië wat die vlug afgelê het toe hy 19 jaar, sewe maande en 25 dae oud was. Guthmiller is eers op 24 Julie dieselfde ouderdom.

Klik hier om meer oor Matt te lees.
Klik hier om sy Facebook-blad te besoek.

Visit NBCNews.com for breaking news, world news, and news about the economy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Says ·

Welgedaan, maar vlieg is nie meer vandag n uitdaging nie, rekenaar doen al die werk …Auto Pilot…

Paul ·

Hoe doen mens ‘n solovlug anders as om dit alleen te doen?

Klink soos die trotse ouma wat vertel het van haar kleinkind wat by die skoolkoor ‘n solo gesing het, en die kind was so goed, sy het die solo sommer alleen gesing!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.