Nadat Heather Winfree van Knoxville in die VSA vroeër vanjaar in die geheim uitgevind het dat syֹ ’n gepaste nierskenker is vir haar man, wat al vir langer as 14 jaar aan nierversaking ly, het sy besluit om dié goeie nuus op ’n spesiale manier aan hom oor te dra.
Chroniese nierversaking is by haar man, Steve, op 18-jarige ouderdom gediagnoseer, en vir langer as ’n dekade was daar nie ’n gepaste nier nie weens ’n groot tekort aan skenkers. Hy moes gedurende dié tyd konstant dialise ontvang en sterk medikasie gebruik om sy lewe “so normaal as moontlik” te probeer hou.
Steve het egter onlangs, ná 14 jaar, die goeie nuus ontvang.
Heather het vir Steve, ’n kranige bofballiefhebber, ’n pak bofbalaandenkingskaarte gegee omdat hy dié kaarte versamel sedert hy nie meer die sport, weens sy siektetoestand, mag beoefen nie.
In ’n video wat sy van die onthulling van die goeie nuus geneem het, blaai Steve eers deur die kaarte van gewilde Amerikaanse bofbalspelers soos Noah Syndergaard, Mike Trout en Clint Frazier. Toe sien hy ’n foto van homself.
“Steve het baie hooi op sy vurk gehad die afgelope tyd,” het daar op een van die kaarte gestaan. “Met sy gesondheidskwessies het hy baie uit die bofbalwedstryd geval. Hy was nie seker hoe dinge sou eindig nie. Sy vrou Heather dink hy is baie oulik, so sy het besluit om vir hom in te staan. Nou gaan Steve ’n nier by die Vanderbilt Transplant Center ontvang.”
In die video wat Heather geneem het, begin Steve huil, voor hy aan sy vrou sê: “Jy gaan my lewe red.”
Steve het in ʼn tweede video op sosiale media gesê die egpaar is oorweldig deur die terugvoer van mense reg oor die wêreld heen.
“Ons is so dankbaar daaroor, want ons wil ons storie deel en vir mense wys wat jy kan doen as jy ’n skenker is. Sonder skenkers, kan mense soos ek nie ’n nier ontvang nie. Daar is ’n groot tekort aan nierskenkers. Ons wil ons storie gebruik om die fokus op hierdie probleem te plaas.”
Steve sal einde Julie die lewensveranderende operasie ondergaan.
Die video, waarin Heather die goeie nuus aan haar man oordra, is al meer as 200 000 keer op YouTube gekyk.
Bron: Fox
dis so amazing… mag alles goed afloop vir hulle al twee.
God Bless you lady
Wat is die statistiese kans dat jou vrou die 1 kan wees?! Is hulle dalk langs die pad familie?
Dit hang baie af van jou bloedgroep
Hulle lyk soos …. broer en suster!!!
Julle laat ‘n groot man na sy sakdoek soek…….
Ek het nie woorde nie …. hoe amazing is dit nie?
AWESOME!!!!