Video: Krokodil val paartjie in hotel-swembad aan

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Paartjie, wat vermoedelik met vakansie in Kariba in Zimbabwe was, het ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn 2 meter lange krokodil hulle die afgelope Donderdag in ʼn hotel-swembad aangeval het.

Kringtelevisiebeeldmateriaal, wat onlangs deur die hotel beskikbaar gestel is, wys hoe dié krokodil die swembad bekruip voor hy aanval.

Dié video wys hoe die man uit die swembad spring, waarna die krokodil die aanval op die vrou voortsit. Terwyl sy hom probeer afweer, hardloop die man na die ander hoek van die swembad om die krokodil se aandag af te trek.

Die roofdier slaag egter nie daarin om die spartelende vrou onder die water te trek nie en sy kan ná ʼn kortstondige gespook by die rand van die swembad uitklim.

Volgens die webwerf Daily Mail is die vrou verskeie kere gebyt. Sy is nou in ʼn stabiele toestand.

Verskeie internetgebruikers veroordeel dié onbekende man daarvoor dat hy eers uit die swembad gespring het voor hy later die krokodil se aandag probeer aftrek het.

Die hotel het intussen ook gesê ʼn ondersoek na die veiligheidsmaatreëls word nou van stapel gestuur.

Bron: Daily Mail

https://youtu.be/9Rg8hESZRuU

[Hierdie video is nie meer beskikbaar nie.]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Louis ·

Daai oomblik skrik jy so groot jy weet nie watter kant toe nie.Om te vlug is maar die eerste besluit.

Paula ·

Ek stem saam Louis. Dis menslike natuur om te skrik en pad te gee.

Cherokee ·

En ek sê jy’s verkeerd Louis. Dit is nie ‘n besluit om te vlug nie maar impuls.

Rina Coetzee ·

Ek ken ook mans wat so sal hardloop. Gelukkig was daar darem een wat nie te bang was om te help nie.

Tienkie ·

Volgens wat ek gelees het was dit dieselfde man wat haar gered het. Moes hy nou in swembad gebly het sodat die krokodil hom ook bykom!! Daar het hy vinnig gedink en om die krokodil weg van haar af te kry. Weet nie hoe party mense dink nie!!

Anoniem ·

Dit kan nie dieselfde man wees wie haar gehelp het as die een wat uitspring nie want dit beteken hy moet amper in een sekond van die eenkant van die swembad na die ander beweeg en ek glo nie hy so vinnig nie, dit verseker iemand anders wie gehelp het.

ekke ·

Verseker slimmer om uit te wees as binne bly. Mens beweeg vinniger buite die water, is dit nie common sense nie?

Die oukie het slim gedink.

Linda ·

Tjekkie ek stem saam dat hy die regte besluit geneem het. Is die swembad sou die krokodil hom ook gegryp het.

Althea ·

Nee kyk daai tyd spring ek vir veiligheid, ek dink n mens skrik so groot jy dink nie doen net

fred ·

Aag nee maggies, die man het goed gedoen, ek dink dis slegs Chuck Norris wat nie sou uitspring nie!

Malva ·

Soveel dapper muise… ware manne dink nooit eerste aan die self.

Cherokee ·

Dit is ‘n troetel krokodil wat hulle altyd van die plaas af saamneem om saam met hulle te swem.

Danie ·

Kry julle feite reg. 2m krokodil? Dis n kleintjie. En hy was nie naby om die vrou onder te trek nie

Theresa ·

Net ou Tarzan sou bly om die ding se bek oop te skeur en hom te verdrink. Enige regdenkende man/vrou sal uitspring en dan help. Lyk regtig nie vir my na ‘n 2m krokodil nie. Nogtans ‘n aaklige ervaring vir die 2 swemmers – wow!

Pieter Ellis ·

Die berig is heel verkeerd in die sin dat die man uitgespring het en sekerlik nounog hardloop. Dit is n ander man wat van links onder in die beeld nader kom om te help. Ek dink nie daardie vrou is baie ingenome met haar lafhartige man/verloofde/vriend/lewensmaat nie. Maar laat ons nou nie hare kloof nie. In n swak-verligte plek, met n krokodil, alhoewel kleinerig, wat skielik in die water is, sal dit groot klokke vat om nie die eerste ding van oorlewing te doen nie – weg hardloop. Maar doen dan ook minstens die regte ding en kom darem terug en probeer minstens jou vrou/verloofde/lewensmaat/vriendin tot hulp te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.