[Video] Krokodille swem in vrou se agterplaas

Krokodille in Arlene Kelsch se agterplaas (Foto: Instagram via Arlene Kelsch)

Amerikaanse owerhede het inwoners van Texas en omliggende gebiede vandeesweek gewaarsku om nié tydens die verwoestende tropiese storm Harvey naby of in die water te kom nie, aangesien talle wilde diere op soek is na droë grond en waarskynlik in die water mag rondbeweeg.

Dit volg nadat ʼn inwoner van Missouri City in dié deelstaat twee volgroeide krokodille in haar agterplaas aangetref het te midde van die ergste storm wat dié gebied in jare getref het.

Orkaan Harvey het sedert die begin van die week kusdorpe geteister, oorstromings veroorsaak en huise in die omgewing verwoes. Die storm is intussen afgegradeer na ʼn tropiese storm.

Arlene Kelsch het aan die Amerikaanse nuuswebwerf CBS vertel sy het aanvanklik eers gedink dit is ʼn drywende stuk hout in die water in haar agterplaas, maar sy het later besef dit is die oë van ʼn 2,5 m lange krokodil.

Missouri City is naby aan die Houston-metroraad wat die ergste deur die storm getref is.

Kelsch sê hoewel dié gebied bekend is vir wilde diere soos onder meer bokke en kleiner krokodille, is dit egter die eerste keer wat sy só ʼn groot krokodil in die gebied opmerk, en dít boonop in haar agterplaas.

“Daar was net genoeg beweging sodat jy kon sien iets is vreemd,” het sy vertel. “Dit was effens grillerig, maar ons het geweet ons sou nie ons deure oopmaak nie. Die krokodil het na my gekyk asof hy my raakgesien het in die venster.”

Volgens haar het sy elke halfuur gekyk of die krokodil steeds in die agterplaas is. Die volgende dag was daar egter nie meer net een nie, maar twee krokodille in haar agterplaas. “Mense moet onthou om nie in die water rond te speel nie, want dit is iets wat inwoners soms doen,” sê sy.

Kelsch is intussen genoop om haar huis te ontruim weens die gevaar wat die watervlakke inhou. Sy sê wanneer sy egter teruggaan, sal sy gepantser wees met ʼn hamburger. “Ek is bereid om die hamburger in my yskas op te gee om die krokodil van my huis af weg te lok,” het sy gespot.

Texas-owerhede het inwoners intussen op Twitter gewaarsku om nié in gebiede met hoë-watervlakke rond te beweeg nie. “Die diere is verplaas [as gevolg van die storm]. Hulle is bloot op soek na droë grond. Laat hulle alleen totdat die watervlakke gesak het,” lui die twiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

ag tog ·

Crocodile …. alligator … krokodil… who cares!!!!!! Mense wat altyd met vergrootglase sit …. partykeer moet mens net die artikel geniet….

TESS ·

Al is dit nie dieselfde ding nie is ek seker hulle eet ewe lekker aan beskikbare vleisies

Marianne ·

Aaag Bea asseblief!!! Ons renosters en India se renosters verskil Hemel breed. Tog is dit dieselfde ding…..

DIS NIE WAAROOR DIT GAAN NIE!

Hierdie vrou het die swemende reptiel in haar agterplaas afgeneem, vir haar is dit WOW WOW WOW… moenie die waarskuwing after die storie en die vreemdheid daarvan mis kyk nie.

Met storms of ander natuur verskynstels dink men’s selde aan Wilde diere of insekte en die feit dat hulle ook wil lewe.

Paul ·

Marianne, as jy oplet sal jy sien dat die vrou wat die foto geneem het in haar agterplaas, dit wel korrek ‘n “alligator” genoem het. Dis Maroela Media se fout waarop mense wys.
Daar is wel krokodille in die VSA, maar slegs in ‘n beperkte gebied in Florida, duisende myle ver weg van Texas af. Meeste Amerikaners weet nie eers daar is ook krokodille in ‘n deel van die VSA nie, en sal ‘n krokodil ‘n alligator noem as hulle een sien.

Karma ·

Aha! Ek het die oplossing vir misdaad (moord op onskuldige ou mense en boere) gevind! Almal moet ‘n moot rondom hul huise grou en òf ‘n krokodil/alligator of piranhas daarin aanhou. “Imagine” die lot van enige misdadige blikskottel wat by jou huis probeer inkom …. Ek weet nou net die so lekker van mense in die droogte-geteisterde Kaap en diegene wat honde of katte wil aanhou nie ….. :-)))

Cherokee ·

Bea, dit is wel so dat alligators en krokkodille nie dieselfde ding is nie maar ‘n ander feit is dat krokkodille nie net lokaal aangetref word ne. Hulle is nie uniek net in Afrika nie.

Karma, paar jaar gelede het ‘n leeuboer twee jong leeus in die kamp om sy huis vrygelaat vir beskerming en toe val een van die leeus sy dogter deur ‘n venster aan. Sy het dit gelukkig oorleef.

Paul ·

Daar is wel krokodille (die spesie Crocodylus acutus) in die VSA, maar slegs in die mees suidelike dele van Florida. Daar kom geen krokodille voor in Texas nie.

Die diere wat in Texas voorkom, is alligators. Die vertaler van hierdie berig ken blykbaar nie die verskil nie.
Nes jy nie sommer die Engelse term “mountain lion” na “leeu” toe kan vertaal nie, is ‘n alligator ook nie sommer ‘n krokodil nie.

Cherokee ·

Vir die wat dit interessant sal vind en dit miskien nie geweet het nie, daardie familie sluit ook ‘n kaaiman in wat vir ‘n alligator of jong krokodil aangesien kan word maar slegs sowat 1¼m lank word.

Verwonderd ·

Of dit nou ‘n krokodil is of ‘n alligator… Dit is definitief ‘n Lacoste slaapsak…

Uvonka ·

Nee kyk, daar sou meer goed in daai water dryf as dit in my agterplaas was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.