Video: Langste treintonnel ter wêreld geopen

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Die langste treintonnel ter wêreld is vandag in Switserland geopen.

Die tonnel, wat eintlik twee tonnels is waarin treine in teenoorgestelde rigtings reis, is 57 km lank en is onderdeur die Gotthard-masief gebou. Dit beteken treinreisigers kan nou “plat” van Rotterdam na Genua kan reis.

Die tonnels is gebou van herwinde materiaal, soos die rots wat uitgeboor is. Die tonnels word elke 350 m met mekaar verbind, sodat passasiers in ʼn noodgeval van een tonnel na die ander kan beweeg.

Die berg troon meer as twee kilometer bo die tonnel.

Switserse belastingbetalers het 90 persent van die bouwerk gefinansier, wat twee keer in referendums aangedui het hulle is bereid om daarvoor op te dok.

Die eerste trein wat deur die tonnel gereis het, het dan ook heel gepas gewone Switserse burgers as gaste aan boord gehad. Treine het eers hierna hooggeplaastes, wat verskeie staatshoofde ingesluit het, deur die tonnel geneem.

Met tipies Switserse deeglikheid is in 2007 bereken die projek sou €13 miljard kos. Die werklike koste was toe €11,5 miljard.

Bron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

D ·

Ons moet hulle voorstel aan Zuma en sy trawante. Di nuwe vliegtuig se uitgawe behoort dan net 2 miljard te wees.

John ·

Gelukkig is die tonnel nie in SA nie, want met Eskom se krag-op-genade sou mens nie graag tydens ‘n kragonderbreking iewers in die middel gestrand wou wees nie.

wilma ·

Ag ek dink ons los vir Zuma.Malema moet nou n slag verby kom. Met al sy lelike se goed en alles wat hy doen

Cobus ·

“Well done”. Dit is ‘n wonderlike prestasie tegnies gesproke en om binne begroting te voltooi. Waar ‘n Switser is word daar ‘n tonnel gebou

Lourens ·

Laat my dink aan die grappie Cobus waar Jode is word ‘n besigheid gestig en waar Afrikaners is word afgestig

Lance ·

Minder as die aanvanklike kostes …genade kyk maar na SA ….kos miljoene meer is laat na menige staking …hulle is net in n ander klas

Bullseye ·

As dit in afrika was het hul op die ou end 30 miljoen spandeer..

Wat-ek-lees ·

Ja en vd Merwe wat die kontrak gekry het vir die grawe van ‘n tonnel en dadelik met sy twee spanne weggespring het aan weerskante van die berg. Daar word aan hom gevra waarom hy geen opmetings gedoen het sodat die twee tonnels presies bymekaar sou uitkom. Sy antwoord was: “Moet julle nie daaroor bekommer want sou dit nie gebeur dan eindig ons op met twee tonnels vir die prys van een !”
Ek glo dit was daardie tyd toe arbeid bekostigbaar was en natuurlik geen stakings !

Barnard ·

Ongelooflik!
2 Referendums om die belastingbetaler te vra of hy “OK” is daarmee om vir die ontwikkeling te betaal…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.