Video: Lawa verwoes huis op Hawaii

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die lawa uit ʼn vulkaan op Hawaii wat sedert 27 Junie uit die Kilauea-vulkaan vloei, het die eerste huis bereik en in vlamme laat opgaan.

Die vulkaan is naby die plattelandse dorpie, Pāhoa, en die vordering wat die lawa teen die hange af maak, word fyn deur die Hawaise Vulkaanwaarnemerstasie gevolg. Vroeër is ’n stal ook reeds verwoes.

Volgens die owerhede is daar min hoop vir tientalle huise, maar almal en alles wat voet in die wind kan slaan word nie bedreig nie.

Die lawa beweeg teen sowat 5 tot 10 meter per uur, maar nie altyd oral en op die voorpunt nie. Van die lawa stol, en nuwe vloeistrome ontstaan elders.

Die vulkaan word as moontlik die mees aktiewe vulkaan ter wêreld beskou.

Bronne: De Standaard, USGS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.