Video: Ma en kêrel vas na baba met vuurwapen speel

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Vrou en haar kêrel is in Indiana, Amerika, in hegtenis geneem nadat ʼn selfoonvideo ontdek is waar hulle eenjarige aangepor word om ʼn vuurwapen in haar mond te druk en “pow” te sê.

“Michael Barnes (19), ʼn verdagte in ʼn rooftog, is Donderdagaand in hegtenis geneem nadat hy ʼn vuurwapen tydens ʼn klandestiene operasie, aan ʼn polisieman, verkoop het,” het die polisie van Evansville, Indiana, in ʼn verklaring gesê.

Hulle het die verdagte se selfoon deursoek en op die video afgekom waar die baba met die vuurwapen speel. Op die video plaas die seuntjie die 40-kaliber handwapen in sy mond en Barnes por hom aan om “pow” te sê.

Volgens die polisie was die seuntjie se ma, Toni Wilson (22), ook teenwoordig toe die beeldmateriaal verfilm is. Sy voer aan dit was ʼn windbuks.

Die kind en twee van haar halfboeties, ʼn tweeling wat een maand oud is, is in noodpleegsorg geplaas.

Wilson is ook in hegtenis geneem. Die twee staan onder andere tereg op aanklag van kinderverwaarlosing, kriminele roekeloosheid met ʼn dodelike wapen en dat hulle toegelaat het dat ʼn kind ʼn vuurwapen hanteer.
http://youtu.be/vUD4MFBu8ls

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.