Video: Ma gee seun oorveeg tydens Baltimore-betogings

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Ma het haar seun regstreeks op die televisie ʼn oorveeg gegee en hom huis toe gejaag toe sy ontdek dat hy een van die betogers in Baltimore, Maryland in Amerika is. Dié video word wyd op sosiale media gedeel.

Die ma klap die seun ʼn hele paar keer en ruk sy masker af.

Anthony Batts, polisiekommissaris, het die ma bedank. “Ek wens meer ouers wil hul kinders vanaand só hanteer,” het hy gesê.

Intussen het Maryland se goewerneur die Nasionale Wag ontbied en ʼn aandklokreël vir alle inwoners ingestel. Minstens 15 polisiebeamptes is reeds tydens die betogings beseer. Die betogings, klipgooiery, plundery en brandstigting het begin ná die 25-jarige Freddie Gray in polisie-aanhouding gesterf het. Altesaam 24 persone is reeds in hegtenis geneem.

Inwoners betoog te midde van die nasionale debat oor die hoeveelheid krag wat die polisie mag gebruik, veral wanneer swart verdagtes ter sprake is. Die polisie wil nie die rasse van die ses beamptes, wat tans ondersoek word na Gray se afsterwe, bekend maak nie.

Gray is op 12 April in hegtenis geneem nadat hy oogkontak met polisiebeamptes gemaak het en toe weggehardloop het. Hulle het hom op die grond vasgedruk en geboei en toe sonder ʼn sitplekgordel in ʼn polisievoertuig gelaai. Hulle het ook voetboeie aangesit toe hy nie in die voertuig onder bedwang gebring kon word nie. Hy het glo ʼn paar keer vir mediese hulp gevra, maar paramedici is eers ná ʼn 30 minuut lange klopjag ontbied. Die polisie erken dat hy dadelik mediese behandeling moes ontvang, maar hulle het nie geweet sy rug is beseer nie. Hy is op 19 April oorlede.

Bron: NY Times, CNN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Duidelik dat hy nie sleg grootgeword het maar groot sleggeword het. Wat ‘n produk van teleurstelling vir sy ouers. Hier by ons loop hulle ook rond en blaas die vuur van haat aan teen ander nasies as hulself. Dit is hulle wie se uitsprake ook nie gesensor word deur die media.

zahn ·

Nou slaan jy die spyker op die kop! Dis in die media en soiaal heeltemal aanvaarbaar as daar grappe gemaak word ten koste van die wit mens, maar boeta, maak net ‘n amperse skewe aanmerking of opmerking teen hulle, dan is die gort gaar. Beste van als, dit word glad nie deur die media, TV en sulke voermiddels, gesensor nie, want dit word in ‘n humoristiese lyn gedoen. Humor ontbreek as dit ten koste van die swart man gedoen word, want dan is dit rassisties. Geen balans.

zahn ·

Maroela, ironies, kommentaar op hierdie artikel word gemodereer. Dankie, julle bewys my stelling hierbo.

Sune van Heerden ·

Dagsê Zahn

Maroela Media het ‘n outomatiese filter wat moontlik aanstootlike woorde in kommentaar identifiseer en dit dan in ‘n mandjie laat beland waar dit per hand goedgekeur moet word. Dit neem dus soms ‘n tydjie voordat die kommentaar deurgelees is en dan goedgekeur word. Jou kommentaar is nou goedgekeur.

Dankie vir jou aktiewe deelname op Maroela
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Peet Schabort ·

Suné, nou verstaan ek hoekom party kommentaar lyk of dit in hiërogliewe en met spelfoute geskryf is. Ek sal dit moet oorweeg sodat dit makliker deur die net kan val. ‘n Pistool word nou ‘n rewolwer of dan nog beter ‘n rollie. Lekker nou gespot en ‘n mooi dag.
Nou vir die modereer van my skrywe.…

jacques ·

Aand klokreel?Lyk my die USA het nou apartheid Hehe Dis reg antie neek hom kinders se respek is heeltemal weg in vandag se tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.