[Video] Ma red seuntjie se lewe voor sy roltrapdood sterf

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

WAARSKUWING: Die beeldmateriaal is grafies en kan sensitiewe kykers ontstel

Xiang Liujuan, ʼn 30-jarige vrou is in ʼn winkelsentrum in China dood nadat sy deur ʼn roltrap geval het.

Die vrou en haar tweejarige seuntjie het in ʼn winkelsentrum in Jingzhou met die roltrap gery toe die silwer vloerplaat aan die bopunt van die roltrap skielik meegegee het. Sy kon betyds haar seuntjie aan omstanders oorhandig.

Personeellede van die winkelsentrum het tevergeefs probeer om die vrou na haar redding te trek.

Die tragiese voorval is deur kringtelevisiekameras verfilm.

Wuhan Evening News berig die voorval het Sondag plaasgevind.

Volgens berigte het reddingspanne die vrou se liggaam vier uur later onder die roltrap uitgehaal.

FoxNews berig instandhoudingswerkers word beskuldig dat hulle die vloerplaat nie weer stewig genoeg vasgemaak het nie.

Die ongeluk was een van die hoofonderwerpe op China se sosialemediawebwerf, Sina Weibo, met meer as 6.6 miljoen persone wat na die video gekyk het.
https://youtu.be/rmfePAt0o5c

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Inge ·

Dit is verskriklik! Sy het net betyds die kind gered! Die arme kind wat moes kyk hoe sy ma na haar dood val… Ek sou daai winkel sentrum kaal uitgetrek het, nie dat dit die arme kind se ma sal terug bring nie. Dit is ‘n tragedie.

Shannon ·

Ek dink dis redelik onsensitief om `n skakel na hierdie soort van beeld materiaal te plaas.
Ek begryp dat hier heel waarskynlik nie iemand sal wees wie hierdie vrou geken het nie maar dit is nogtans verskriklik om te dink iewers is daar wel geliefdes wie nou moet hoor dat hul, ma, suster of vriendin se dood op YouTube geadverteer word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.