Video: Malaysia Airlines-vliegtuig stort neer in Oekraïne

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Passasiersvliegtuig van Malaysia Airlines wat van Amsterdam na Kuala Lumpur onderweg was, het in die Oekraïne neergestort, waar pro-Russiese rebelle en regeringsmagte oorlog voer.

Só berig nuusagentskappe in Rusland en die Oekraïne wat lugvaart- en veiligheidsbronne aanhaal.

Sky News berig daar was 295 persone aan boord en die vliegtuig is moontlik afgeskiet.

Die vliegtuig het in Donetsk van die radarskerm verdwyn en nooddiensspanne probeer die toneel bereik, het ʼn anonieme bron aan Interfax-Ukraine gesê.

Malaysia Airlines het op hul amptelike Facebook– en Twitterprofiel bevestig hulle het kontak verloor met vlug MH17. Die lugredery sal na verwagting binnekort ’n verklaring vrystel.
-SAPA-AFP
http://youtu.be/JhUkqs9CQ0w

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H Ollenhout ·

n “false Flag” gaan kyk dit Bietjie op . Wat die in die Amerikaanse regering wil se is . Komaan !asseblief mense , ons het almal van julle se steun nodig om n oorlog teen Rusland te begin . Ons begin solank met sanksies . Ons sal later weer iets soos die’ reel . Die ateljees wat tans besig is moet net eers klaarkry . .Ons kan nie meer die media se bog glo nie . As ons weet wat hul plan is .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.