ʼn 37-jarige man is Maandag in Quebec, Kanada in hegtenis geneem nadat hy ʼn vrou met ʼn kettingsaag gedreig het.
Volgens berigte het Karine Cyr en haar man in Saint-Jérôme gery toe hulle opgemerk het dat ʼn man met sy motor oor die pad swenk. Hulle het die man agternagesit en wou sy nommerplaat neerskryf toe hy in ʼn doodloopstraat beland het. ‘n Plaaslike verslaggewer het egter berig die man en Cyr was in ‘n botsing betrokke toe hy van die toneel gevlug het.
Die man het uitgeklim en die gesin met ʼn kettingsaag gedreig.
Die video is reeds meer as 1 miljoen keer op Facebook gekyk.
Indien die videospeler nie werk nie, kyk dit op Facebook.
https://youtu.be/3ZQs7SjcwD4
Dalk ‘n manier om ons standbeelde te beskerm?