Video: Man gee R1.3 miljoen kontant terug

Joe Cornell (skermskoot uit die video)

Joe Cornell (skermskoot uit die video)

Joe Cornell, ʼn man van die Heilsleër in Kalifornië, Amerika,  het ʼn sak met $125 000 (sowat R1.3 miljoen) kontant wat uit ʼn pantservoertuig geval het, teruggegee.

Cornell (52) het aan die Fresno Bee gesê hy het verlede Dinsdag gesien ʼn sak val by ʼn verkeerslig uit die veiligheidsmaatskappy, Brinks, se voertuig. “Ek het begin huil en bewe,” het Cornell gesê. “Alles het deur my kop gegaan… die goeie/slegte ding om te doen…” Maar toe hy dink aan sy vierde kleinkind wat op pad is, het hy besluit om die regte ding te doen. “Wat wil ek hê moet sy van my dink? En dis hoe ek besluit het om dadelik die sak geld aan te meld.”

Cornell is deel van ʼn dwelmrehabilitasieprogram by die Heilsleër.

Ed Cunningham, woordvoerder van Brinks, het gesê hy is onseker hoe die vragmotor die geld verloor het. Hy het die voorval as ʼn “veiligheidskwessie” beskryf.

Die maatskappy sal Cornell met $5 000 (ongeveer R53 000) beloon en sal ook $5 000 aan die Heilsleër skenk.
KMPH FOX 26 | Central San Joaquin Valley News Source

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Dit is werklik n eerbare man. Ek kan net se, knap gedaan. Dit stel n voorbeeld van as jy wil kan jy eerlik bly en almal se respek behou.

Sal glo allerhande dinge het deur sy kop gemaal…….. Tog het hy die regte besluit geneem.

Dit is iemand op trots te wees, in alle opsigte.

Lanie ·

Dis nou ‘n Oupa op wie die kinders baie trots kan wees ! Hy het die duiwel se listigheid en versoeking weerstaan en die regte ding gedoen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.