Video: Man glo lewendig deur slang ingesluk; diereregte-organisasie boos

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Die diereregte-organisasie Peta het die TV-kanaal Discovery versoek om nie ʼn program uit te saai waarin daar glo gewys word hoe ʼn man lewendig deur ʼn anakonda ingesluk word nie.

“Hierdie blatante publisiteitsfoefie klink vergesog, maar as die beskrywing akkuraat is, is die slang gemartel en dit ter wille van kykersgetalle – soos wat diere gewoonlik gemartel word wanneer hulle vir vermaak gebruik word,” het Peta in ʼn verklaring gesê.

Discovery Channel het sosiale media behoorlik aan die gons met ʼn promosievideo van die program Eaten Alive wat wys hoe daar “voorbereidings” getref word vir Paul Rosolie, ʼn jong rolprentvervaardiger, om deur ʼn anakonda ingesluk te word. Rosolie sal glo ʼn slangbestande pak aanhê. Discovery het egter nog geen verdere besonderhede bekend gemaak of op Perta se versoek reageer nie.

“Anakondas gaan vir dae sonder om te eet en bestee die energie wat nodig is om dit te doen selektief. Om die slang te dwing om energie te gebruik om die dwaas in te sluk en hom moontlik weer op te bring, sou die dier totaal uitgeput gelaat het. Sies vir hierdie pseudo “wildlewekenner” wat hierdie dier treiter, en dis ‘n skande dat die Discovery Channel hom aanspoor om dit te doen. Peta het nog niks teruggehoor nadat ons na Discovery uitgereik het en gevra het om nie die program uit te saai nie en of daar waarheid daarin steek of nie,” het Peta gesê.

Die program is geskeduleer om op 7 Desember uitgesaai te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Patat ·

Die wêreld het totaal hande uitgeruk. Wat die mens nie alles sal doen vir aandag en geld nie. Ek het nie die video gekyk nie, en uit beginsels sal ek dit ook nie kyk nie.

Carol Prins ·

What on earth does he want to prove ?! Humans can be so totally stupid !!

charmaine ·

Patat is reg. Ek sal ook nie na die video kyk nie. Hoe laag sal die mens nog daal vir geld? Om weerlose kreature uit te buit is ‘n skande! Partykeer dink ek die Hemelse Vader skaam Hom vir sy kinders waarvoor Hy sy Seun laat sterf het.

Milan Bye ·

Die video wys darem nie hoe hy ingesluk word deur die slang nie. Hulle vertel net dat dit gaan gebeur (dit is soos ‘n voorskou). Hy trek ‘n spesiale pak aan, seker om te sien wat binne die slang aangaan. Sien geen punt daarin nie.

Leeutjie ·

Ek verstaan nou nie mooi nie… Gaan die slang hom nie eers squeez voordat hy hom insluk nie? Of gaan hy spesiale toegeruste klere dra en die slang se binne-wereld van binne af beskou??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.