[Video] Man staan op en vee stof af ná bus hom tref

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn man wat deur ʼn bus getref word en dan doodluiters opstaan, die stof afskud en verder aanstap, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.

Simon Smith van Thames Valley in die suide van Engeland se vrou het aan The Telegraph vertel hy is gelukkig om nog te leef.

Kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval wys hoe Smith deur die lug geslinger word ná die bus, wat skynbaar buite beheer was, hom teen ʼn hoë spoed van agter getref het voor dit tot stilstand gekom het.

Die bus het ook ʼn houtbankie op die sypaadjie flenters gery.

Smith se vrou het gesê “hy verkeer in baie pyn” en het matige beserings in die ongeluk opgedoen.

Die busmaatskappy, Reading Buses, het gesê die organisasie ondersoek die saak en het intussen die bestuurder van dié bus “van die pad af gehaal”.

Stuart McNaught, die bestuurder van die Purple Turtle-kroeg waarheen Smith hom gewend het ná die voorval, het gesê hy sterk tans aan in die hospitaal.

“Ons ken Simon al vir 20 jaar. Hy is hospitaal toe, en is oukei maar broos. Ek dink hy is baie geskok, [die ongeluk] is verregaande,” het hy gesê.

ʼn Interne ondersoek en ʼn polisieondersoek na die voorval duur voort.

https://youtu.be/y9s1UNU2jSw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

kobus ·

Daai bestuurder van die bus moet toegesluit te word hy het heeltemal te vinnig gery

Susan ·

Geen wonder dit is wêreldnuus nie. Dis ‘n wonderwerk hy lewe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.