[Video] Man steek homself aan die brand vir kompetisie

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Russiese man sterk in die hospitaal aan nadat hy tweedegraadse brandwonde opgedoen het toe hy homself aan die brand gesteek het om ʼn £280-prys in ʼn ski-kompetisie te wen.

Anton Redkov (26) is Maandag na die hospitaal gehaas nadat hy vlambare vloeistof op sy kostuum uitgegooi en homself aan die brand gesteek het.

Hy het deelgeneem aan ʼn winter ski-kompetisie in Kemerovo in die westelike gedeelte van Rusland en wou glo soos ʼn “vuurengel” lyk toe hy oor die wenstreep ski.

Redkov het van ʼn styl afdraand geski voordat hy in ʼn yskoue poel water geland het, maar volgens toeskouers was die vlambare vloeistof só sterk dat dit vir etlike sekondes in die water aanhou brand het.

Die professionele skiër het self uit die water opgestaan voor hy deur nooddienste te hulp gesnel en na ʼn hospitaal gehaas is.

Redkov het die eerste plek in die kompetisie behaal.

Vroeër verlede maand is ʼn man van die Dominikaanse Republiek aan alkoholvergiftiging oorlede toe hy ʼn hele bottel vodka gedrink het as deel van ʼn kompetisie.

https://youtu.be/MP_EVE4cqeA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.