[Video] Manchester-ontploffing: Dodetal styg

Polisie steeds op die toneel Dinsdagoggend. Foto: Peter Byrne/PA via AP

Die dodetal het gestyg ná Maandagaand se ontploffing by die Manchester Arena in Manchester, Engeland, waar die Amerikaanse sangeres Ariana Grande opgetree het.

Die polisie het gesê die ontploffing het omstreeks 22:30 by die arena, wat plek vir 21 000 konsertgangers het, plaasgevind. Die dodetal het intussen tot 22 gestyg nadat daar vroeër berig is minstens 19 mense is dood. Minstens 59 mense is beseer.

Ian Hopkins, polisiehoof in Manchester, het bevestig die aanvaller is ook in die aanval dood. “Die prioriteit is om vas te stel of hy alleen of as deel van ʼn netwerk opgetree, het.” Volgens Hopkins is van die oorledenes kinders. Die voorval word as ʼn terreuraanval bestempel.

Die ontploffing het plaasgevind nadat Grande klaar gesing het en mense besig was om die arena te verlaat.

Konst. Ian Hopkins. Foto: Peter Byrne/PA via AP

Theresa May, die Britse premier, het haar medelye met die slagoffers en hul families betuig en na die voorval verwys as ʼn “afskuwelike terreuraanval”. Intussen is trein- en busdienste in Manchester opgeskort weens die voorval.

Pres. Donald Trump van die VSA het intussen ook sy medelye uitgespreek en gesê “ons kan nie langer net toekyk hoe onskuldige mense afgemaai word nie”.

Dit is die dodelikste aanval in Engeland sedert die reeks ontploffings in Londen in 2005 waarin meer as 50 mense dood is.

Ooggetuies van die voorval het vertel hoe mense ná die ontploffing huilend en skreeuend uit die arena gehardloop het. Die onderstaande video, wat ná die ontploffing geneem is, is een van talle wat op sosiale media gedeel is:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anton ·

…daar bestaan nie n woord, volgens my, wat die aanvaller/s sal en kan beskryf nie…enige slegte woord is nog te goed om hul te beskryf…

Johann ·

TERRORISME..om n land in n staat van ANARGIE te plaas deur dood te maak, verwoes, brand, breek, steel. Vrees in te boesem by mense om n normale gang van opstaan en slaap te ontsenu. Klink dit bekend? Dieselfde terroris organisasie wat d.m.v anargie aan bewind gekom het, rule regulate en ruin n eens trotse land tot in die afgrond in! Siek siek siek wereld!

Anton ·

…die tweede kommentaar, want ek wil nie dit saam met die boonste kommentaar sit nie, is vir die wat gesterf het indie aanval…RUS IN VREDE…die beseerdes en ander wat dit beleef het…MAG JUL GOU GENEES EN VREDE VIND…

MCH ·

Dis nou die tipiese gevolg van politici wat die liberale kaart speel teenoor n toeloop immigrante en dan die rasionele optrede van agtergrond ondersoek agterwee laat. Wat op aarde het jul verwag? ISIS se mos hy wil die infidels vernietig? Jul rookie trek ernstig los op die nate.

Valerie ·

MCH, die Mense Regte Kommissie in Engeland sal nou seker daarop aandring dat die straat waarin die arena is na die terroris en moordenaar vernoem word.
Net soos met die Zondi terroris in Amanzimtoti.

Johann ·

Hoe troos jy die wat agter bly nadat n selfsugtigge lafaard SY regte voorop stel d.m.v so n barbaarse daad?

al ·

Dis baie hartseer. My hart bloei vir hul geliefdes en familie.

Rynhardt ·

THERESA MAY weet wie die bomplanter is, maar wil dit nie bekend maak nie.Moslems en Afrikane gaan groot probleme skep vir Brittanje.Kommentators bespiegel klaar dat dit n aanval was deur moslem-terroriste.

Eish ·

Die onderskrif by foto van polisie hoof se konst. Ian Hopkins. Indien dit staan vir konstabel en hul range dieselfde as ons sin werk, is dit die laaste rang in die polisie. Die mense het standard indien hul somer konstabel die hoof maak van die polisie in Manchester! Eish, op my dae het ons altyd gese liewer n slim konstabel as n dom offisier.

Nellie ·

Eish, Ian Jones is Chief Constable wat eintlik die polisiehoof van ‘n area is. Dus nie sommer ‘n konstabeltjie nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.