Video: McDonald’s-burger in die kerk

Een van die T-hemde wat jy kan kry as jy die McMass-projek ondersteun Foto: indiegogo.com

Een van die T-hemde wat jy kan kry as jy die McMass-projek ondersteun Foto: indiegogo.com

Sou jy verkies om kerk toe te gaan as jy sommer ʼn Big Mac en skyfies ook daar kon koop? McMass wil ʼn McDonald’s-tak in ʼn kerk oopmaak.

Die groep, onder leiding van Paul Di Lucca, ʼn kreatiewe direkteur van die kerkhandelsmerkagentskap Lux Dei, het ʼn veldtog op die skarefinansieringswebwerf, IndieGoGo, gelaai, om $1 miljoen in te samel om die eerste McDonald’s-kerk oop te maak.

Die geld sal glo aangewend word om ʼn winkel te koop en die gebou op te rig. Die McMass-groep is op soek na ʼn kerk wat saam met hulle kan werk om die gebou in New Jersey of Philadelphia in Amerika oop te maak.

“Die tyd het aangebreek dat kerke met entrepreneurskap vermeng,” het die groep gesê. Hulle meen McDonald’s bied ʼn groot inkomste en lok baie klante

Die groep het reeds $150 van die $1 miljoen ingesamel. Daar is 50 dae oor om die res van die geld in te samel.

Klik hier om die groep se motiveringsvideo te sien en vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

og ·

Onaanvaarbaar. Kerk is kerk en eet is eet. Alles op hul tyd en plek.

Neeneenee ·

“…maar julle is besig om van dit ‘n rowersnes te maak” (Jesus).

Shannon ·

Die kerk meng met politiek. Hoekom nie upgrade en ekstra skyfies saam met jou gospel kry nie ?

Ina ·

Nee jammer maar dis ‘n bespotting , kan mense so laag daal,,

Robbie Sch ·

Mcdonald s julle daal laag ek stop om julle te ondersteen. Julle word gebreik deer satan. Die siel moet. Gevoed word nie die Maag.

susan ·

Is daar nog mense wat mc donalds eet?Ons het lankal opgehou na die storie van die “pink slime” en “traces of human meat in hulle vleis”dan wonder mense nog hoekom is daar deesdae so baie kanker gevalle. Wat gebeur as vleis in amoniak le? Wie eet nog Mc Donalds? Dis soos Robbie se. Satan- weet waar die mens se swak plek is…

chris van Heerden ·

Word wakker susan daar is miljoene mense wat nog Mc Donalds eet as jy nie bewus is daarvan nie gaan maak gerus n draai daar jy sal verbaas wees dat jy so agter die tyd is

Grassie ·

Dieselfde sagmoedige Jesus wat gesê het jy moet jou vyand liefhê en ook die ander wang draai, het woedend geword toe Hy sien dat handelaars die heiligheid van die tempel skend deur in die voorhof handel te dryf. Hy het hulle met ‘n sweep daar uit gemoker en hul tafels omgekeer. Hy het toe aan hulle gesê dat dit ‘n huis van gebed is maar dat hulle ‘n rowerspelonk daarvan maak.

Macdonalds moet weet – as hulle so iets aanpak gaan daar eendag, vorentoe, meer as net hul hamburgers oor die kole gebraai word.

Jan ·

Ai die besigheidsbreine werk al weer oortyd !!!!!!!!!! Glo nie die ekstra paar sentjies gaan hulle pad hemel toe pavlei nie ! Laat my dink aan al die sangers wat dit nie maak nie, en dan begin gospel sing !!!!

susan ·

Chris van Heerden dit was sarkasme!!!! Eet rustig voort my vriend. Ons weet van beter!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.