Video: Meisie (3) word wakker by begrafnis, sterf weer

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

‘n Driejarige meisie van die Filippyne het glo tydens haar begrafnis wakker geword maar is kort daarna weer dood.

SkyNews berig dat die meisie Saterdag by ‘n kliniek dood verklaar is nadat sy vir hoë koors behandel is.

Die dogtertjie het glo tydens haar begrafnis haar kop beweeg en haar familie het ‘n pols gevoel. Hulle het haar uit die kis gehaal en onmiddellik hospitaal toe geneem.

Dokters kon egter nie daarin slaag om haar te red nie en sy is Maandag weer dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Meiring ·

Di’s scary.! Vir my moet julle so twee weke laat dooierus voor just my begrawe.

Leeutjie ·

Die mooiste ou poppie. ‘n Fraaie dogtertjie en weer dood! Hoe tragies.

ruzane willemse ·

Dit was net God se krag en gees wat haar vir die laaste keer lewendig gemaak het sodat hulle haar kon bey se. Dit laat my dink aan (daardie) meisie wat ook oorlede was in die bybel en toe God by haar kom en se sy moet wakker word en loop want sy is gered. God doen wonderwerke Hy is groot en Almagtig. Sterkte aan (daardie) dogtertjie se familie.

Leeutjie ·

Dankie Ruzane. Jou woorde was mooi en sinvol. Alle eer aan Hom!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.