Die voorval het by die Bullets and Burgers-skietbaan in White Hills plaasgevind. ʼn Video van die voorval is deur die polisie beskikbaar gemaak. Die video is deur die meisie se pa geneem.
In die video wys Charles Vacca (39) die meisie hoe om die geweer vas te hou waarna sy een ronde afvuur. Vacca verstel dan die wapen voor die meisie verskeie rondes vinnig na mekaar afvuur.
Volgens die polisie het die meisie beheer oor die wapen verloor en Vacca per ongeluk in die kop geskiet. Die video stop net voor die noodlottige skoot.
Vacca is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas en is kort daarna oorlede.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Dit is onvermydelik in ‘n vuurwapenbehepte samelewing. Daar is geen rede vir ‘n 9-jarige meisie om ‘n Uzi te hanteer nie. Inteendeel, dit blyk deuidelik dat 9-jariges nog nie in staat is om die kaliber van wapens te hanteer nie.
Wie is die aap wat dit toelaat. As jy vuurwapen veiligheid ken dan weet ek nie. Slim Amerikaners vir jou
Nou moet die arme meisie vir die res van haar lewe met die tragedie saamleef! Haar pa behoort aangeklae te word, en die instrukteur moes ook maar van beter geweet het.
Waarom druk jy ‘n automatiese geweer in ‘n kind se hande??? Veral as dit duidelik is dat die kind nie weet hoe om ‘n geweer eers vas te hou nie.
Die onnoselle instrukteer, hy het duidelik waar te veel flieks gekyk….