Video: Merke, gereed … trou!

Manuel Antonio Vaz da Veiga vra Keula Nidreia Pereira Semedo om te trou in Tokio. (Foto: Twitter)

’n Siggestremde naelloper van die Kaap-Verdiese Eilande het dalk nie vir die halfeindronde van die 200 m vir vroue (T11) by die Paralimpiese Spele gekwalifiseer nie, maar glimlag nou om ’n heel ander rede.

Keula Nidreia Pereira Semedo was uit die veld geslaan toe haar gids, Manuel Antonio Vaz da Veiga, Donderdag kort ná die uitdunrondes, haar hand neem en op een knie op die atletiekbaan sak. Hulle het vierde in die uitdunronde gekom.

Da Veiga het die jawoord gevra en Semedo het ingestem. Die verlowing is ingelui deur ’n luide toejuiging van haar mededingers wat nadergestaan het om in die paartjie se spesiale oomblik te deel.

“Mag hulle twee lewenslank saamhardloop!” het die Paralimpiese Spele-komitee intussen op sy amptelike Twitterblad gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.