Video: Minstens 20 reeds dood na Israel met grondaanval begin

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Minstens 19 Palestyne en ‘n Israeliese soldaat is reeds dood nadat Israel met ‘n grondaanval in Gasa begin het.

Die grondaanval het ten doel om Hamas se vuurpylaanvalle te staak en tonnels wat gebruik word om Israel aan te val, te vernietig. Israeliese troepe het Donderdagmiddag met tenks Gasa binnegestorm.

Volgens gesondheidsbeamptes in Gasa is 19 Palestyne dood sedert die grondaanval begin het.

Die Israeliese weermag sê vuurpyllanseerders, tonnels en meer as ‘n 100 ander teikens is in sy visier. Meer as 260 Palestyne is reeds dood sedert die begin van die gevegte.

Die Israeliese weermag het reeds meer as 2 000 teikens getref in Gasa. Israeliese beamptes sê meer as 50 vuurpyle is op Israel afgevuur sedert die begin van sy grondaanval. Meer as 1 500 vuurpyle is glo op Israel afgevuur sedert die geweld uitgebreek het.

Israel sê doel van sy aanvalle is om Hamas se militêre mag te verswak. Israel was huiwerig om ‘n grondaanval van stapel te stuur uit vrees vir sy soldate se lewens en internasionale veroordeling oor die sterftes van burgerlike Palestyne.

Lees ook:
Israel adviseer 100 000 Palestyne om huise te verlaat
Dodetal in Gasa styg
Gasa-aanvalle: 121 sterf in vyf dae

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Grassie ·

Hierdie oorlog tussen Israel en die Filistyne duur al meer as 4000 jaar en die einde is nog nie in sig nie. Die Filistyn, Goliat het in die dorpie Gat in Gaza gewoon (1 Sam 17 ). Israel het ‘n klompie jare gelede die kans gehad om Gaza plat te vee maar het weens geskille tussen hul eie leiers onttrek. Dit is ‘n nimmereindige stryd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.