[Video] Minstens twee dood, talle beseer ná skietery by musiekfees

[OPVOLG] Die dodetal van die voorval het intussen skerp gestyg. Lees die opvolgberig hier.

Polisiebeamptes hardloop vir skuiling op die toneel van die skietery naby die Mandalay Bay Casino (1 Oktober 2017). Foto: AP Photo/John Locher

[WAARSKUWING] Die video onderaan die berig kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Minstens twee mense is dood en 24 na ʼn hospitaal geneem ná skote Sondagaand by ʼn musiekfees in Las Vegas in die VSA geklap het.

ʼn Woordvoerder vir die University Medical Center-hospitaal het gesê 14 van die beseerdes is in ʼn kritieke toestand. Sy het gesê almal het skietwonde opgedoen.

Die Las Vegas Metropolisie het op Twitter bevestig dat een verdagte geskiet is. Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om nie in die gebied rond te beweeg nie en het gesê die polisieondersoek is tans aan die gang.

Polisiebeamptes op die toneel van die skietery by ʼn musiekfees in Las Vegas (2 Oktober 2017). Foto: AP Photo/John Locher

Dit is nie duidelik of die verdagte doodgeskiet of slegs gewond is nie. Die polisie het gesê meer inligting sal binnekort gegee word.

Die skietvoorval het naby die Mandalay Bay Casino plaasgevind. Volgens die New York Times blyk dit dat die skietery by ʼn country-musiekfees plaasgevind het. Die polisie ondersoek ook berigte van nog skietvoorvalle by ander plekke op die stad se bekende strook.

Een Twitter-gebruiker het gesê die casino se hotel is gesluit, terwyl ʼn ander gebruiker gesê het twee skieters en polisiebeamptes is op die 32ste verdieping gesien.

Video’s wat op die internet geplaas is, het beeldmateriaal getoon van paniekerige konsertgangers wat op die vloer platval terwyl ʼn geluid soortgelyk aan dié van outomatiese vuurwapens gehoor kan word. Ooggetuies het gesê hulle het verskeie skote by die hotel gehoor waar die polisie se taktiese spanne na die aanvaller soek, het CNN en die New York Times berig.

DPA berig Cari Copeland Pearson, een van die konsertgangers, het beweer sy het mense gesien wat gesterf het terwyl sy van die toneel gevlug het. “Daar was dooie mense by die konsert reg langs my. Ons het oor die liggame gekruip,” het Pearson gesê.

Die Mccarran Internasionale Lughawe het op Twitter bevestig vlugte is tydelik opgeskort.

Video: Twitter via Drew Akyoshi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pragtig ·

Pragtig daardie straat in Vegas waar dit nooit nag word met die mooiste liggies, tonele en water musiekorrel. Onse Eskom sou nie kon byhou vir kragvoorsiening.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.