Video: Motor beland in swembad toe sandaal vashaak

Die motor in die swembad in Altadena, Kalifornië Foto: NBC New York

Die motor in die swembad in Altadena, Kalifornië Foto: NBC New York

ʼn 85-jarige man van Kalifornië in Amerika het Saterdagoggend met sy motor in ʼn swembad beland.

CBS Los Angeles berig die man is nie beseer nie. Hy wou glo die motor in die motorhuis parkeer toe sy sandaal aan die pedaal vashaak en hy beheer verloor het oor die motor.

Niemand anders was glo tydens die voorval in die motor of in die swembad nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.