Volgens Fox News is die video in Koroleva, Rusland geneem deur ‘n kamera wat op die motor se paneelbord vasgesit is. Dié tipe kameras is baie gewild in Rusland.
Die video wys hoe ‘n motorfietsryer agter in die motor vasry, ‘n agteroor-bollemakiesie maak en dan hurkend bo-op die motor se dak beland.
Fox News meen indien die video vals is, dit steeds redelik verstommend is.
Die video is deur die gebruiker AutoGrodno.By op YouTube gelaai.
http://youtu.be/krGHxvuOyTs
Dit is seker wat bedoel word met die beskermengele was met hom. Dit was nie sy tyd nie.
Ons Vader het Sy tyd vir elkeen van ons. Ons moet gereed wees wanneer ons dié dag voor Hom gaan staan. Ons, Sy kinders hoef nie vir daardie dag bang te wees nie want Jesus is daar vir ons.
Amen.