Video: Nege akrobate beseer toe sirkustoertjie skeefloop

Die toertjie wat uitgevoer is toe die ongeluk plaasgevind het

Die toertjie wat uitgevoer is toe die ongeluk plaasgevind het Foto: abcnews.go.com

‘n Video van die voorval volg onderaan die berig. Ondersoekbeamptes vermoed dat ʼn gebreekte hakie Sondag veroorsaak het dat agt akrobate tydens ʼn sirkustoertjie by Rhodes Island in Amerika geval het.

Die hakie is ʼn algemene haak (carabiner) wat ook deur bergklimmers gebruik word en ook as ʼn sleutelhouer gebruik word.

Die hakie is ná die ongeluk in drie stukke op die vloer opgespoor.

Ongeveer 3 900 mense, waaronder talle kinders, het die voorval by die Ringling Bros. and Barnum and Bailey-sirkus sien gebeur. Die ongeluk het tydens die 11:00-vertoning plaasgevind.

Steven Pare, kommissaris vir openbare veiligheid, het gesê dit is nog nie duidelik of die hakie net oorwerk was, moontlik nie in die regte posisie was of enigiets anders nie. “Ons weet glad nie,” het Pare gesê.

Nege akrobate is in die hospitaal opgeneem. Vier van die akrobate is ernstig beseer. Die vroue is van Amerika, Brasilië, Bulgarye en Oekraïne.

Die vroue word “hairialists” genoem, omdat hulle tydens die toertjie sowat 12 meter in die lug van hul hare hang. Die toertjie is glo deur Andrey en Viktoriya Medeiros uitgedink. Viktoriya is een van die beseerdes.

Die toerusting is sedert die begin van die jaar dosyne kere per week gebruik en ʼn sirkusspan het dit verlede week installeer. Die span het ook al die toerusting nagegaan en die akrobate ondersoek ook gereeld hul eie toerusting. Die hakie kan 4 535 kg vashou, en volgens die sirkus het die groep vroue met die toerusting altesaam slegs ongeveer 680 kg geweeg. -SAPA

http://youtu.be/QO9hZKy-37M

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.