Viacom International Media Networks gaan met ‘n betaalkanaal begin waar alle programme net oor katte handel.
Die kanaal sal voor die middel van die jaar met sy uitsendings in Europa begin, wat later wêreldwyd uitgesaai sal word. Die kanaal sal alle soort programme uitsaai soos “gewone” TV-kanale, van rolprente tot joernaalprogramme, maar telkemale met katte in die hoofrol.
In Europa sal België onder die eerste lande tel wat die program te siene sal kry, berig die Vlaamse koerant, De Standaard.
Die volledige berig kan hier gelees word.
http://youtu.be/fNzydcWkuHI
Hoop hulle ‘n paar kwaadkatte ook daar wys.
Nee dankie, ek sal maar verby hou,
Uiteindelik iets beters om na te kyk op die TV :-)