Video: Noue ontkoming vir tiener wat bontloop

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Tiener het hierdie week ʼn noue ontkoming gehad toe sy skielik voor ʼn polisiebeampte se motor ingehardloop het.

Die verkeersoortreding, wat op ʼn paneelbordkamera vasgelê is, wys hoe twee tieners tussen stilstaande motors deur hardloop en dan skielik voor die beampte se motor beland. Die voorval het Woensdag in Snellville, Georgia in Amerika, plaasgevind.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Snellville-polisie wil die video gebruik om ander teen bontlopery te waarsku. “Gebruik dit as ʼn geleentheid om jul kinders te wys dat dit baie gevaarlik is om tussen motors deur te hardloop,” het ʼn beampte op die departement se Facebook-bladsy gesê.
http://youtu.be/lXDwKwzloK0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.