Video: Nuwe kaart van Mars gaan baie help

Mars_Geo_TopoDie Amerikaanse Geologiese Opnamesentrum, die USGS, het die mees omvattende geologiese kaart van Mars bekend gestel. Dié kaart sal onontbeerlik wees vir toekomstige Marssendings om die mees geskikte landingsplekke te vind waar die instrumente die nodigste inligting sal kan bekom.

Die kaart is die produk van meer 16 jaar se opnames deur vier tuie wat om Mars wentel. Mettertyd is meer en meer gesofistikeerde instrumentasie gebruik om al meer van Mars se geologiese geskiedenis en die huidige geologie aan die oppervlak te wete te kom.

Die ondersoeke het ook aangetoon dat die deel van Mars se oppervlak wat baie ou geologiese kenmerke dra, ‘n veel groter deel beslaan as wat voorheen gemeen is. Hierdie dele is tussen 3,7 miljard en 4,1 miljard oud. In hierdie periode, bekend as die Noachian-periode, is Mars deur baie meteoriete getref, wydverspreide erosie van die oppervlak het voorgekom, en dis moontlik dat die planeet toe oor baie water beskik het.

Meer kan hier gelees word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.