[Video] Nuwe speletjie op almal se lippe

Pokémon Go

Pokémon Go

Pokémon Go, ʼn realiteitspeletjie wat gebaseer is op die bekende Japannese karakters uit die 1990’s, het oornag ʼn sensasie geword.

Pokémon Go, deur Nintendo, is tans nog slegs amptelik beskikbaar in Australië, Nieu-Seeland en Amerika, maar is reeds op die punt om Twitter verby te steek wat daaglikse aktiewe gebruikers op Android betref. Die speletjie is reeds groter as die afspraakwebwerf, Tinder op Android.

Pokémon Go gebruik jou slimfoon se GPS en horlosie om te bepaal waar jy is en wanneer jy speel en laat die Pokémon rondom jou “verskyn” (slegs op jou slimfoon se skerm, nie in die werklikheid nie). Die doel van die speletjie is om dan dié karakters te “vang”. Soos jy rondbeweeg, sal meer en verskillende tipes Pokémon verskyn.

Die speletjie neem jou omgewing in ag. Wanneer jy byvoorbeeld in ʼn park is, sal jy waarskynlik meer gras- of insekagtige Pokémon sien. As jy naby ʼn meer of see is, sal jy watertipe Pokémon sien.

Volgens die ontwikkelaars is die idee om in die werklikheid rond te beweeg en soveel as moontlik Pokémon te vang.

Daar is ook Poké Balls en eiers wat uitbroei as ʼn Pokémon.

Pokémon Go is gratis, maklik om af te laai en maklik om te speel. Slegs die oorspronklike 151 kreature is in dié speletjie beskikbaar (die oorspronklike speletjie is tot 720 kreature uitgebrei).

Jy kan ook items op die app aankoop om jou te help om die Pokémon te lok en dit is hoe die ontwikkelaars geld maak uit die speletjie.

Dis nog nie duidelik wanneer die speletjie wêreldwyd of in Suid-Afrika beskikbaar gaan wees nie. Volgens die Wall Street Journal sal dit “binnekort” in Europa, Japan en ander Asiatiese lande beskikbaar wees.

Die ontwikkelaar, Niantic, moes onlangs ʼn wêreldwye vrystelling van die speletjie opskort weens hul webbedieners wat nie die verkeer kon dra nie.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Lucy ·

Ons bly in Suid-Afrika en my man het klaar die speletjie oo sy foon.

Azuni ·

Ek dink die nuus het so vinnig versprei waar om hom af te laai. Op die dag wat hy uit gekom het, toe try ek Whatsapps van vriende wat my die link gestuur het.

Pastoor ·

Uiters gevaarlike demoniese spel. Pokémon is demone uitbeeldsel wat sekere kragte het. Baie gevaarlik kinders droom oor hierdie uiter gevaarlike spel. Efs 6 sê ons worstel stryd is nie teen vlees en bloed nie ,,,,,hou dit weg buite bereik van kinders, google dit maar asb vermy dit

KarooKlong ·

Ag nee, jy hoor nou vir die eerste keer daarvan en nou spreek jy jouself (belaglik) uit daaroor. Kom by, dis 2016. Die speletjie het myns insien niks met die bybel of godsdien te doen nie.

Chris ·

As jy die duiwel onder elke klip en agter elke bos gaan soek gaan jy hom kry.

gatiep ·

Pastoor daai game gaan hulle poke.
Mense glo nie eens dat n TV jou onder hipnose sit nie hoe gaan hulle glo wat jy se.

Pastoor ·

Maak vir jou geen gesnede beeld van wat op die aarde of onder die water of wat onder aarde onder water is nie. Speel pokeman dit leer die kind van kragte groter as syne en ander pokemanne wen hierdie en daardie een

Pieter ·

Stem saam met Pastoor. Waar n rokie is, is n vuurtjie. Google en kyk…” is Pokemon’s satanic”. Daar is 16 videos van n man wat van Satanis tot bekering gekom het ( Stephen Dollins), julle oë sal oopgaan en julle sal julle kinders so ver van die goed af hou as moontlik. As jou kind op n “ride” by die pretpark wil ry, en jy weet daar is gerugte dat die ding vreeslik onveilig is en dat hy kan sterf, sal jy hom nog laat ry? Hoeveel te meer nie jou kind keer om met verkeerde dinge wat sy ewigheid gaan kos van af weg te bly nie.

plaasjapie ·

Het ook gaan lees oor die spelietjie…
Dit is satanies ge-inspireerd. Pokemon staan vir “pocket demon” in japanees….ook deur n japanees geskryf.
Wou net kom waarsku het maar sien ander dit al klaar gedoen het.

Terloops ·

Hehehe! Kon nie die versoeking weerstaan om kommentare te lees nie!

Azuni ·

Met alle respek gesê vir die mense wat so oor kerk praat, ek dink julle sit die pot mis. Dit het niks met demone of afbeelde te doen nie. Die kerk het groter goed om oor te bekommer as dit, veral nadat julle selfde geslags verhoudings begin goed keur het. Ek is self ‘n gelowige, maar ek glo die kerk, en die bybel ook, het van die pad buister geraak. Julle keur net iets voor wat julle wil (die Apastoliese boeke is ‘n goeie voorbeeld hiervan). Verder sê julle niks oor die ander goed wat sleg is nie. Watse skande! Hoe sê mens altyd; :Haal die dalk uit jou eie oog voordat jy die splinter uit iemand anders sin wil uit haal”.

Ek speel ook die speletjie en ek dink daar is niks fout daarmee nie. Die volwasenes en jong mense wat dit speel het dit geniet om te kyk toe hulle self kinders en tienners was. Die mense wat in media aan gaan oor hoe dit satanisties is, soek net publisiteit. In elk geval. Pokemon staan vir Pocket Monsters, nie Pocket Demons nie.

Om alles op te som. Ruk julle self bietjie reg toe.

plaasjapie ·

Jy is reg omtrent dat pokemon vir “pocket monster” staan en nie pocket demon nie…my fout.
Oor die res glo ek dat jy die pot mis sit. Ons kan so vinnig enige iets anders op internet gaan soek as ons iets wil weet, maar as dit kom by dinge wat ons geloof betref, dan weet ons mos gewoonlik van beter.
Pasop om nie met n ” ek weet alles” houding oop oe in n plek in te gaan waar jy nie wil wees nie !

Azuni ·

Dis altyd die eerste verskoning wat almal gebruik as dit kom by Pokemon, Digimon, Tazo’s, Dragon Ball Z of Yogi-oh. Dis altyd satanisties vir almal. Plaasjapie, wat gee jou nou die indruk van ‘n “ek weet alles” houding. Al wat ek is, is keelvol vir mense wat oor niks sensitief raak en probeer “holier-than-thou” probeer wees.

As die game jou pla, speel hom net nie. Moennie Gods diens daarby betrek nie.

ChriQ ·

Azuni ek stem saam met jou 100% , maar ek het al geleer jy stry maar nie met sulke mense nie (soos die wat glo als is duiwels) want hulle wil nie oop wees om te leer van iets wat anders is van hulle opinie, vir hulle is daar net een regte antwoord.

Ek dink ons as mens moet meer oop wees om ander mense se opinies te respekteer en soos jy sê as jy nie van die game hou nie los dit uit , moet nie lewe onaangenaam maak vir ander mense nie

Se maar net ·

God sê jy is of vir Hom of teen Hom. As die speeletjie dan niks met godsdiens te doen het nie………. dan stem ek saam met die pastoor…….

Andre ·

Dit is wat jy daarvan maak. Geensins anders as destyds se donkey kong nie. Neet meer ‘interactive’…
Ek leer my dogtertjie wat is waarheid en wat is fuksie. Die woord demon word dalk in japanees verstaan of uit gespreek as iets anders as wat ons dit sou sien. Hoeveel asierse gode is daar? Neem julle toe daarop? Hoekom dan op die woorde van ‘n televisie program?

SE NET ·

As jy die duiwel in ‘n milkshake gaan soek sal jy hom daar kry….. Hou op om te se iets kom van die duiwel af af want dan gee jy satan meer erkenning as wat hom toe kom. Leer jou kinders wat is reg en wat is verkeerd hou op om Satan voor te gooi want dis waneer kinders nuuskierig raak en juis dit gaan soek.

plaasjapie ·

Ek het ook al n slang gekry waar ek dit nie gesoek het nie….dit gewoonlik daai slang is wat jou pik !

peter ·

Ons land is waar ons is vandag agv die dwaal leer van die kansels af. Pastore is die wit gepleisterde grafte wat oordeel en meer sonde doen as die volk. Julle hamer op snert ipv dit wat belangrik is vir die volk. Bekeer julle, pastoor, en word deel van die geloof sodat die volk weer vertroue in jul leringe kan he. Agv jul afval, as die ‘purge’ begin, kom die volk eerste vir julle! As die skoen pas, trek hom aan!

plaasjapie ·

Ek het al met pastoor verskil met wat hy glo…dink ook dat sy geloof beginsels nie reg is nie. Ons leiers het verleiers geword. Maar oor die pokemon saak stem ek saam met hom.

Sumari ·

Houop om euwel in als raak te sien. Net omdat mense die game speel maak dit hulle nie satanisties nie…wie is jy in elkgeval om vir ander persoon te sê wat reg en verkeerd is, hulle is grootmense wat self kan besluit. Gewoonlik is dit die wat vir ander wil preek wat net so vol sonde is!!!

charlene ·

Ek gaan nie glo daar is so baie mense wat hulle self Christene noem en die game die duiwel se wat ook al maak nie. Mense aanbid beelde maar daar is mense met beelde in hulle huis wat eintlik niks beteken. daar is mense wat geld aanbid maar julle sê niks oor hulle. Ek het pokemon gekyk in my jonger dae en gaan nou `n manier vind om die game te “down load, ek gaan nog steeds voort gaan om Bybel te lees, te bid, en gereeld met die Here te gesels want ek kan die verskil uitken tussen `n game en `n afgod. ek het genoeg menslike verstand om te weet die game gaan nie lewend word nie. Kan nie glo mense wat glo in ons God is so ……. wel nie baie slim nie.

Azuni ·

Kon dit nie beter myself gesê het nie.

Ek is maar keelvol vir mense wat so sensitief is oor niks en die aap uit die bos uit wil gaan haal. Ek sê as hulle nie van die game hou nie, moet hulle dit nie speel nie.

Ek hoop jy geniet die game wanner jy hom kry. Die app is nog nie beskikbaar in ons App Store nie, maar dit word verskrei deur Apk Mirror. Dit is die oorspronklike plek waar dit gelek het, moennie ander plekke vertrou nie.

Heksie-fan ·

Om aan te sluit by die ‘euwels’ van die karakters.

My 2jarige kyk nou vir Liewe Heksie, geskryf deur Verna Vels. Hy geniet dit vreeslik en kan nie wag as ons dit vir om op die televisie aansit

As die karaktertjies dan nou so satanisties is soos beweer word, is hekse en toordery nie ook deel daarvan nie? Dan het ons almal – en ons kinders – met duiwelse dinge groot geraak en moet ons onmiddelik daardie Liewe Heksie storie onder die vergrootglas gaan sit.

Neewat, ek stem saam met kommentaar hier bo, moenie die slegte in als gaan soek nie, jy gaan jou kop net stamp daarteen. Geniet die onskuldige pret saam met die karaktertjies en lag saam met ander daaroor.

Gerda ·

My God sê Hy het n afsku in hekse en toordery, dan glo ek, as Sy kind, sal ek nie betrokke wil wees daarby nie en dan sal ek ook glad nie vir my kind wil leer, dat wat God sleg noem reg is om na te kyk nie, want geen heks is en sal ooit n liewe heks wees nie en daarby aanbid hulle die vyand. Liewe Heksie was ook op die TV toe ek klein was, tot my ma ook gelees het dis verkeerd, toe is dit weg met liewe Heksie en ek stem saam. God soek gehoorsaamheid, dis belangriker as offers vir Hom en ons God is n jaloerse God, so bly weg van dinge wat God n afsku in het.

Azuni ·

Hi Gerda. Ek dink die bybel verwys na dit uit oeffen. In teen deel, daar is nie regte towenaary betrokke nie. Dis ‘n fantasie ding in elk geval.

charlene ·

Jou ant verdien `n 10/10. Mens soek nie altyd fout in alles nie. Hoeveel mense wat hier preek, speel lotto – dis verkeerd, hoeveel van hulle koop lootjies by hulle kind se skool en kan iets wen, dis verkeerd….. en so kan mens aangaan. Dit gaan oor wat jy daarvan maak, Dit gaan wat jy daarvan maak. As jy glo die pokemon gaan nou uit die foon klim en jou siel op-eet is dit jou saak – jy het wel hulp nodig maar dis jou saak. Ek het Liewe Heksie gekyk, pokemon gekyk ens, en ek glo tot vandag nog in die Here, probeer reg lewe en alles. Geld is `n ewel maar ons almal soek dit. Ons almal begeer – ons begeer liefde, ons begeer `n beter huis, ons begeer `n beter leier vir ons land, ons begeer `n beter werk of beter pay ens. Sleg is sleg en goed is goed, daar is nie klein sonde en groot sonde nie so vir die wat wil preek maar asb seker jou lewe is 100% reg.

LS ·

Azuni, wat is die Whatsup link asseblief???
Klink interesant !

Azuni ·

Iemand het maaar net vir my gesê om op APK Mirror te gaan kyk. Hy is daar op. Die moeilike pard is om hom te installeer. Jy moet in jou foon se dev settings in gaan en stel dat hy 3de party sagteware moet aanvaar, want op default aanvaar hy net apps van die app store af.

Azuni ·

Ek het gou na daai site gaan kyk. Daar is eers naby aan enige iets wat vir my enige indikasie gee dat dit verkeerd is nie.

1. Die psychic storie wat hulle gepraat het van die kaarte was abilities wat op die kaarte staan. Sy ma het gehoor dat hy “sy psychic abilities op sy friend gaan gebruik” is dat sy karakter se ability of sy vriend se pokemon gebruik word.

2. Abra, Kadabra en Alakazam is woorde wat mens al baie gehoor is, veral by verhoog “toowenaars”, alhoewel dit geen betekenis het nie.

3. Al die gevalle van episodes wat te erg is vir kinder oë was uit gehaal uit die Amerikaanse vervaardiging.

Die punt wat my pla is dat hulle reken dat kinders hel toe gaan wanner hulle van, van die karakters hou, soos die drake en slange. Regtig? Ek wonder wat hulle dink van Game of Thrones?

SkarreLKind ·

Ek lees die kommentaar en ek ek geweet, dit gaan ongelooflik vermaaklik wees! Julle het my nie teluergestel nie. Goggan maak vir baba bang en die hel wag – oor ‘n speletjie. Vermaaklik voorwaar …

Yolanda ·

Hoekom is Pokemon verkeerd: Satoshi Tajiri is sekerlik die pa van die hele Pokemon ding, maar op n web blad was gesê dat die uitruilkaarte deur Wizard of the coast gemaak en versprei is. Wizard, towenaar, die manlik van n heks, die dissipels van die Satan, en hulle het Magic of the gathering en Dungeons and Dragons ook vervaardig, wat ook big NO-NO’s is. Ek glo nie sulke mense gaan so kans laat verbygaan om op so manier n houvas op kinders te kry nie, so nee, dis verkeerd en buiten dit….gaan kyk na daai kaarte en gaan kyk na satanistiese tekens en julle sal baie van dit op die kaarte sien. Dit sal my ook nie verbaas as van daai goed se name van demone af kom nie. So ja, gee my wind, ek gee nie om nie, maar my Bybel sê, ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte, so of hulle cute en oulik lyk, nee, die duiwel doen hom voor as n engel van die lig. Die Here is n werklikheid en net so veel die duiwel, so hoekom karring met goed waarvan my God niks hou nie, selfs om te dink towenaars is betrokke by die maak daarvan moet my as Christen dadelik laat besef om weg te bly. Ja, soek die duiwel en jy kry hom oral, maar as jy weet, dan bly jy weg. Wees heilig, want Ek is heilig sê God. Lev 11:44

plaasjapie ·

Wel van ons het probeer waarsku…maak daarmee wat julle wil mense !
As daar n slang is…gaan jy hom optel terwyl jy nie weet of hy giftig is of nie.
Ek los maar eerder die ding uit ! ?

Gerda ·

Anzuni, ek weet in liewe Heksie is nie regte hekse en towenaars nie, maar jy mis my punt, hoekom n kind leer wat God verkeerd noem in sy Bybel is reg om na te kyk, dit skep verwarring en punt is geen heks is lief en dierbaar nie, al maak Heksie ook hoeveel grappies met haar dommigheid. Bly weg van wat God nie van hou nie. Dis juis hoe die duiwel onskuldiges vang en intrek, want alles is onskuldig en mens kan die duiwel mos in alles kry. Sataniste lag lekker vir hoe dom ons Christene is en hoe min ons die Bybel ken en dan sê ons nog ons is kinders van God, maar ons doen geen werk om die Woord in ons harte en gedagtes te kry en te weet wat God wil en nie wil hê nie. Sataniste ken die Bybel beter as ons, want did hoe hulle ons wat nie Woord ken nie kan aanval en laat val.

plaasjapie ·

Azuni…jy probeer net kyk hoeveel jy kan oortuig om saam met jou in die vuur te spring.

Daan ·

Dit is humoristies hoe fundamentele Christene se logika wankel en misluk die oomblik wat hul teen iets probeer argumenteer soos die bogenoemde onderwerp en ander soortgelyke onderwerpe.

plaasjapie ·

Wel ek is nie n Christen nie Daan… my lankal van kerke afgesny. Nou glo ek net in die Woord van ons Hemelse Vader.
Soeker na waarheid is n beter beskrywing vir wat ek myself sal noem.
Pokemon het miskien bietjie van kleur verander van 1994 af…maar hulle doel bly dieselfde…en dit gaan nie net oor geld maak nie !

SkarrelKind ·

plaasjapie – ek verstaan hoe jy hieroor voel, maar jy moet ook darem ten minste “sense” maak om ernstig op geneem te word. Presies hoe is jy nié ‘n Christen nie? Jy glo die Woord is die Lewende Woord van God, jy glo in die drie-eenheid, en dat Sy bloed jy sonde afgewas het? Dit het niks met die kerke te doen nie, maar met wat waarin jy glo. Jy is ‘n Christen. Punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.