Woedende betogers het Oleg Tsarov, een van die presidentskandidate in Oekraïne, buite ‘n televisiestasie in Kiëf waar hy ‘n onderhoud gevoer het, toegetakel.
Die betogers eis dat Tsarov, ‘n lid van die afgesette president Viktor Janoekovitsj se party, hom as kandidaat onttrek.
Intussen bly die situasie in die ooste van die Oekraïne gespanne waar betogers, hoofsaaklik etniese Russe, owerheidsgeboue beset. Hulle word deur die tussentydse regering as “terroriste” gebrandmerk, terwyl Rusland die VN-Veligheidsraad se noodvergadering hieroor op ‘n dooiepunt laat uitloop het deur opnuut te waarsku dat hy die etniese Russe te hulp sal snel.
Etniese Russe maak in deeltjies van die ooste van die Oekraïne ‘n meerderheid uit.
Die Europese Unie het intussen sy sanksies teen Rusland uitgebrei.