Video: Ongeveer 100 000 vlermuise val uit die lug

Argieffoto

Argieffoto

Die Dierebeskermingsvereniging in Australië het bevestig dat ongeveer 100 000 vlermuise dood is weens ʼn hittegolf.

Michael Beatty, woordvoerder van die RSPCA het gesê dit is ʼn noemenswaardige terugslag vir die vlermuisbevolking in Queensland.

Die reuk van die vlermuiskarkasse veroorsaak boonop ook probleme vir die inwoners en vullisverwyderaars is ontbied om van die karkasse ontslae te raak. Van die vlermuise het egter in bome of bosse gevrek en word deur maaiers gevreet.

Minstens 16 mense het reeds behandeling ontvang nadat hulle met die vlermuise in aanraking gekom het. Die departement van gesondheid het inwoners versoek om nie aan die diere te raak nie.

Australië beleef tans ʼn hittegolf van meer as 43°C en die vlermuise val net uit die lug.

The Guardian het vroeër berig Melbourne verskaf gratis toegang na flieks en swembaddens vir haweloses om verligting teen die hitte te bied.

Bron: ABC, Huffington Green, The Telegraph

Murray Paas het die volgende beeldmateriaal in Dayboro verfilm en op YouTube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dave ·

Die video is onkykbaar swak en ek het dit weggekliek. Dit ruk en pluk heen en weer en wie ook al die video geneem het doen dit seker nou vir die eerste keer.

pop ·

Dis baie hartseer. Ek woon op noordkus en ons beleef tans net sulke erge hitte. Ons meet 46 party dae. Sonder lugversorging weet ek nie wat sou my diere doen nie. Voels sit heeldag by die honderde op my grasperk onder die bome. Ek maak die sproeier vir hulle oop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.