Video: Oomblik toe Nepal-aardbewing tref; honderde sterf

'n Gebou in Katmandoe wat tydens die aardbewing ineengestort het. Foto: AP Photo/ Niranjan Shrestha

‘n Gebou in Katmandoe wat tydens die aardbewing ineengestort het. Foto: AP Photo/ Niranjan Shrestha

Beeldmateriaal van ’n kringtelevisiekamera is beskikbaar gemaak wat die oomblik wys toe ʼn aardbewing van 7,9 op die momentmagnitudeskaal Nepal en naburige lande in Suid-Asië Saterdagoggend geruk het.

Die beeldmateriaal is deur Kishor Rana op Facebook gelaai. Die polisie in Nepal het intussen gesê dit is bevestig dat minstens 449 mense in die aardbewing, wat sowat 80 km van Katmandoe voorgekom het, dood is.

Minstens agt mense is dood nadat ʼn sneeustorting naby die Everest-basiskamp voorgekom het weens die aardbewing. ʼn Onbekende aantal mense word nog vermis.

Volgens berigte is minstens twee mense in Bangladesj dood en 100 beseer. Minstens vyf mense, insluitend twee kinders, is in Bihar in Indië dood.

[wpvideo Vtg5Mvve]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

charlenefourie ·

dit is een van die tekens,ons is by die sesde seel, natuur rampe sal net erger word,dit die aard bewing is in n gebied waar daar min christene is en baie anti christene,ons volk is n gelowige volk,ons moet aanhou bid metgeloog in ons ALMAGTIGE GOD.

Elizabeth ·

Genadiglik gebruik die Vader nie ‘n ‘spell checker’ nie…

Nie daardie Elizabeth ·

Shannon..ja-a-a dis nogals irriterend ne. Daar was voorheen al baie aardbewings, tsoenami’s, oorloë, gerugte van oorloë – net soos nou; so moenie probeer voorspellings maak nie – niemand weet wanneer die eindtyd kom nie

Daisy ·

@Nie daardie Elizabeth, jy is reg daar was nog altyd rampe, oorloë en gerugte van oorloë maar nog nooit so gekonsentreerd soos die afgelope 100 jaar nie. Dit moet ook in konteks beskou word met ander tekens van die laaste dae soos dat mense meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God sal wees ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.