Video: Oorlogsmisdadiger drink gif in hof

‘n Skermskoot uit die video.

Slobodan Praljak, ʼn oudbevelvoerder van die Bosnies-Kroatiese magte, het gif in die wêreldhof gedrink nadat hy tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is.

Praljak word sedert 2004 deur die oorlogsmisdade-owerhede van die Verenigde Nasies in Scheveningen naby Den Haag aangehou nadat hy homself oorgegee het. Die 72-jarige het tot Woensdag nog met sy verskyning voor die tribunaal volgehou hy is onskuldig.

“Slobodan Praljak is nie ʼn oorlogsmisdadiger nie. Ek verwerp die beslissing,” het hy gesê voor hy gif gedrink het. Hy is sowat drie uur later in ʼn hospitaal dood.

Praljak is saam met vyf ander mans van die Bosnies-Kroatiese leierskap aangekla van ernstige oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom wat tydens die Bosniese oorlog in 1992 tot 1995 gepleeg is.

Praljak is in 2013 tydens sy aanvanklike verhoor tot 20 jaar tronkstraf gevonnis, maar hy het geappelleer. Die jare wat hy reeds in aanhouding deurgebring het sedert 2004 sou van sy vonnis afgetrek word.

Volgens die tribunaal het Praljak ʼn hoë amp in die Kroatiese ministerie van verdediging beklee, en later bevelvoerder van die gewapende magte van die selfverkondigde staat van Herzeg-Bosnia geword.

Die hof het bevind dat hy ten volle op hoogte gehou is van stelselmatige oorlogsmisdade teen die Moslembevolking van die gebied onder die beheer van sy magte. Hierdie misdade sluit in moord en gedwonge deportasie.

Die hof het bevind dat Praljak lid was van ʼn “kriminele vereniging” met die doel om ʼn suiwer Kroatiese staat te skep deur middel van ʼn etniese reiniging gegrond op ʼn terreurveldtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

HPV ·

Die volgende wat in daardie hof verhoor sal word gaan waarkynlik Malema en Zuma wees vir aanhitsing tot ‘n menseslagting, wat reeds in aanvang is, in Suid Afrika.

marous ·

Afrika se slagters sal Chivas drink …met komplimente van die howe.

marous ·

Afrika se slagters sal Chivas drink …met komplimente van die howe.

jaco ·

ek praat nie sy dade teenoor mense goed nie, maar ek steun sy beginsel dat hy besef het moslems is n gevaar. hoeveel bomme moet nog in parys, londen, New York ens ens ontplof voordat die wereld besef die moslemgeloof is regtig n gevaar en moet onder beheer gebring word?

Gerhardb ·

Stem Jaco…….Dink nie die meeste mense het gedurende daardie tyd al besef tot wat die Moslem in staat is nie.

jan_alleman ·

die wereld hof is dieselfde tipe sirkus as die VN , dit beteken nie veel aan die slagoffers nie , en hulle het ook hulle eie agenda

Rupert Ashford ·

Jy is heeltemal reg. Ek praat nie sy dade goed nie, maar die manier waarop die wereldhof die oorlog hanteer het en basies net een kant vervolg het en die kriminele van die ander kant vrypas gegee het laat veel te wense oor. Soveel so dat die AU se beskuldigings oor partydigheid begin gewig dra.

PJC ·

Hierdie ouens het aan die moslems gedoen wat hulle dag na dag wěreldwyd aan ander mense doen . Ten minste het hierdie ou murg in sy pype gehad om hierdie spul narre te wys wat hy van hul sogenaamde hof dink.

HV ·

Kyk na hierdie koerant opskrif elders in die wereld , aanduiding van die mis invormasie wat hier by ons uitkom.

Heroic Croat General Fought US Intervention in Bosnia in 1993. Took His Life at the Hague to Keep on Fighting
Bosnian Croat general, Slobodan Praljak, took his life in a Hague courtroom with words of defiance: “General Praljak is not a war criminal and with contempt I discard your verdict”

Danie ·

Die moslems het niks gedoen nie. Hierdie mense het sommer net die moslems aangeval. Wat ‘n klomp snert. Hulle word vervolg omdat hulle wit is en hulle self wou verdedig. Waar is die moslem oorlogmisdadigers?

Jan Dadel ·

Maar moenie verwag om ooit ‘n Amerikaner voor die internasionale hof te sien verskyn nie. Hulle’t nooit die Rome statuut bekragtig nie en kom skotvry af van die gruwelikste oorlogsmisdade. Dink maar aan Irak, Libie”, Sirie”, waar hulle, ongevraagd ingestorm het en verantwoordelik is vir miljoene se dood, die destabilisering van die Midde-Ooste en die huidige immigrasie-vlugteling krisis wat Europa oorspoel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.