[Video] Oppasser (52) het ‘geen berou’ ná sy kind by trappe afstamp

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn 52-jarige oppasser van die Amerikaanse deelstaat Pennsilvanië is Vrydag in hegtenis geneem nadat sy ʼn vierjarige dogtertjie “soos ʼn lappop” by ʼn stel trappe afgestamp het.

Volgens Michael Chitwood, die polisie-superintendent, het aan The Washington Post gesê die voorval het Vrydagmiddag by ʼn dagsorgsentrum net buite die deelstaat plaasgevind.

ʼn Sekuriteitskamera is minder as ʼn uur voor die voorval geïnstalleer. ʼn Ander oppasser, Shawayne Tavares, het die beeldmateriaal dopgehou ten tyde van die voorval en die polisie onmiddellik ontbied.

Die vrou het die vierjarige met mening by die trappe afgestamp voor sy na die kamera opgekyk het.

“Sy is maar ʼn klein ou dingetjie, maar die vrou het haar gestamp asof sy ʼn lappop is,” het Chitwood gesê.

Tavares het aan The Washington Post vertel die vrou het gesê die kind se skoenveter het haar glo gepootjie , en sy het haar val probeer keer.

“Ek was baie ontsteld en het trane in my oë gehad. Ek het gesê dit was nie haar skoenveter nie, ek het die vrou dit dan pas op die kamera sien doen.”

Die 52-jarige vrou, wat al ʼn jaar lank vir die sentrum werk, is afgedank.

Chitwood het gesê die meisie het ʼn geringe kniebesering opgedoen, maar is die volgende dag terug na die dagsorgsentrum toe.

“Die vrou het geen berou getoon of verduideliking gegee hoekom sy so iets sou doen nie,” het hy gesê.

Die vrou is aangekla van aanranding van ʼn kind. Sy is egter reeds op borgtog vrygelaat en verskyn binnekort in die hof.

Bron: The Washington Post

https://youtu.be/xLLSucxPy6I

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vivian ·

Soos geskryf is in die Woord. Die liefde het koud geword. Die Here sal haar straf.

jj ·

Daai vrou moet my kind so stamp en ek moet haar vang. manne sy sal dit nooit weer kan doen nie.

Betsie ·

Duidelik het die vrou n problem met haarself. n Kind kan hoe stout wees, jy behandel enige mens met respek. Dank Vader sy is afgedank.

Jakes ·

‘n Kinderoppasser van Ghaana is in Saudie deur die sjeik pa in die openbaar voor die polisie in die straat onthoof omdat sy ,sy kind laat val het per ongeluk en nie moedswillig soos die oppasser nie

madels ·

Dit is DUIDELIK dat hierdie vrou die kind gestamp het, wow! Dis verskriklik hoeveel gevalle van geweld teenoor kinders aangemeld word veral in die VSA van kinder oppassers wat kinders/babas mishandel het. Mag sy NOOIT ooit weer die reg he om na enigiemand se kind e kyk nie. Kinder oppassers wat sulke oortredings agter hulle naam het moet dieselfde behandel word as pedofiele. Hulle moet gaan vir hulp sodat daar vasgestel word hoekom het hulle sulke neigings teenoor kinders om hulle te wil seermaak en moet deur rehabilitasie gaan en berading kry sodat hulle kan deel met hulle woede en neigings om skade aan n kind te doen want as iemand sulke neigings het, dit begin met n klein dingetjie om die kind te stamp en later kan dit selfs tot moord lei want daar is in my geen begeerte om dit ooit aan my eie kind te doen nie, so ek glo daar is sielkundig iets fout met iemand wat sulke neigings het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.