[Video] Oppasser vas ná video van baba wat gegooi word

‘n Skermskoot uit die video.

[WAARSKUWING] Die video onderaan die berig is uiters ontstellend en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.

ʼn Baba-oppasser wat op beeldmateriaal vasgevang is waar sy ʼn nege maande oue baba hardhandig in haar bababed gooi, word nou van poging tot moord aangekla.

Die beeldmateriaal, wat intussen wyd op sosiale media versprei is, is Woensdag in ʼn huis in Outjo, Namibië, vasgevang nadat Annemarie Theron vermoed het alles is nie pluis wanneer haar nege maande oue dogter, Laila, bedags by die huis opgepas word nie.

Die oppasser, wat deur Die Republikein as Nicolin Hoëses geïdentifiseer is, het Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn. Volgens Theron is sy borgtog geweier en sal sy in Oktober weer in die hof verskyn.

Theron het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy het einde Julie opgemerk dat Laila rooi merke onder haar voetjies het. “Dit was nie kneusplekke nie, net so ’n bietjie rooi in die voutjies van haar voete. Ek het nie veel daarvan gedink nie. Ek is nie juis ʼn agterdogtige mens nie en vertrou ander mense maklik. Dalk is ek naïef, maar ek het nie vermoed iets ernstigs is fout nie,” het sy gesê.

In Augustus het sy egter begin onraad vermoed toe sy rooi merke aan Laila se nek en skouer opgemerk het. “Dit is toe dat my mamma-hart begin twyfel het. Ek het gewonder of sy nie dalk ʼn mediese toestand het nie, maar dit was vir my en my man vreemd dat sy geen sulke merke gehad het wanneer sy ʼn ruk lank net by ons was nie.”

In September was Theron se man, Johan, vir twee dae saam met Laila en Hoëses by die huis. Hy het toe opgemerk dat dit voorkom asof Laila vir Hoëses bang is, omdat sy elke keer na hom toe wil gaan wanneer hy die kamer binnegestap kom.

Verlede week het Laila ʼn stampmerk aan haar kop en ʼn skraapmerk bo haar oog gehad toe die egpaar die dag van die werk af gekom het. Hoëses het verduidelik dat Laila omgeval het terwyl sy met die loopraam geloop het. “Ek het dadelik gewonder hoekom [Hoëses] ons nie gebel het toe dit gebeur het nie. Jy bel mos om te sê daar was ʼn ongelukkie by die huis en vra dat ons moet huis toe kom? Maar sy het ons eers gesê nadat ons die middag by die huis gekom het,” het Theron gesê.

Dit is toe dat die egpaar besluit het om ʼn manier te kry om te sien wat by die huis aangaan wanneer hulle nie daar is nie. Johan en Annemarie het albei ʼn program op hul skootrekenaars afgelaai waarmee ʼn video gemaak kan word deur die skootrekenaar se kamera. Hulle het een van die rekenaars in die slaapkamer geplaas en die ander in die sitkamer waar Laila na bewering met die loopraam geval het.

Dit is toe dat die beeldmateriaal vasgevang is waarop gesien kan word hoe Laila hardhandig in haar bababed gegooi word en weer aan haar enkel uit die bed opgetel word. Theron het aan Maroela Media gesê op die res van die beeldmateriaal kan onder meer gehoor word hoe Laila se mond toegedruk word as sy huil en gesien word hoe sy hardhandig rondgeruk word wanneer haar doek omgeruil word.

“Toe ek daardie beeldmateriaal sien… ek wou moord pleeg. Ek was hartseer, ek was kwaad, ek het weerloos en skuldig en verraai gevoel. Ek het gevoel ek gaan iemand doodmaak,” het Theron gesê. “Ek het gedink iets is nie pluis nie, maar ek het nie verwag om te sien wat ek gesien het nie.”

Johan, Annemarie en Laila Theron. Foto: Verskaf

Theron het Hoëses laat weet dat Laila siek is en dat sy nie die Donderdag hoef in te kom nie. Sy is daarna na die polisie om ʼn saak aanhangig te maak. “Die polisie was aanvanklik nie juis geïnteresseerd in ons storie nie, maar nadat hulle die video gesien en my verklaring gehoor het, wou hulle haar sommer dadelik in hegtenis gaan neem,” het sy gesê.

Die polisie het glo die video aan die plaaslike landdros getoon en daar is toe besluit om Hoëses van poging tot moord aan te kla.

Volgens Theron het sy ook met ʼn arbeidskenner gepraat oor die feit dat sy ʼn video van Hoëses geneem het sonder haar medewete en of dit wetlik toelaatbaar is, maar sy is ingelig indien sy rede gehad het om te glo haar kind se lewe is in gevaar, is die wet aan haar kant.

Sedertdien gaan Laila soggens na ʼn kleuterskool toe en in die middag neem Theron haar saam na haar werk toe waar sy die besprekings vir ʼn lodge in Namibië hanteer. “Laila is fisiek oukei, maar sy is beslis sielkundig geaffekteer deur hierdie ding,” het sy gesê.

“Sy is baie bang vir haar bababed en sy haat dit om aan- of uitgetrek te word. Jy kan dit verstaan as jy na die ander beeldmateriaal kyk. Sy skrik ook deur die nag wakker en ek vermoed sy kry nagmerries,” het Theron gesê.

Hoëses het in Mei by die gesin begin werk toe Theron moes terugkeer werk toe. Theron sê sy het juis besluit om ʼn baba-oppasser te kry om na Laila te kyk eerder as om haar in ʼn kleuterskool te sit omdat sy wou gehad het Laila moet individuele aandag kry. “Ek het nooit gedink dat dit só sou uitdraai nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

137 Kommentare

Jan ·

Ai dis baie hartseer en erg. Sterte aan die mamma. Kan iemand dalk se watse program dit is wat die ouers afgelaai het wil dit graag ook implementeer by my huis.

Mad ·

Jan
Dis nie ‘n program wat afgelaai is nie. Alle\meeste skootrekenaars het ‘n ingeboude kamera. Jy moet dit net aansit. (enable)

Mad ·

Dit hang ook natuurlik af van die OS en tipe sagteware wat reeds gelaai is. Myne het ‘ingeboude’ sagteware op waarmee videos gemaak kan word. Open Source programme wat gebruik kan word: VLC, Acethinker Free Screen Recorder, Debut Video Capture Software, Windows Movie Maker

Haan ·

Daar is programme wat begin afneem as die kamera beweging identifiseer. Google net “motion activated camera” of iets in daai lyn

carol rademan ·

koop n nanny cam op takealot sit dit aan in vertrekke waar baba is jy kan vanaf jou selfoon in dail enige tyd van dag en daar is klank by

Dirk Steyn ·

Dit is hartverskeurend, ek is aan die anderkant ongelooflik gelukkig met ons hulp, asook my vrou bestuur haar besigheid van die huis af, maar ek het nogsteeds 24/7 cctv in en om die huis. Meeste huise het vandag WIFI, daar is regtig goedkoop wireless IP cameras op takealot, al wat jy kort is krag, jy kan dit van jou sel, laptop, enige iets, enige tyd van die dag, enige plek inloer. My hart gaan regtig uit na julle, voorspoed.

franco ·

Koop n nannycam. kamera word versteek in n teddybeer of horlosie ens.

Jaco ·

@Jan – as jy die kamera heeltyd laat record, gaan jou hdd vinnig vol raak. So jy gebruik ‘n program om net te record as daar beweging is.

Woedend ·

Ek sit en huil hier, soos ek daai klein patat se huil hoor. Die arme klein lyfie verdien nie om so hanteer te word nie. Geen kind verdien dit om so hanteer te word nie. Sterkte mamma en pappa en veral vir jou klein patat. Hierdie tannie bid, dat jy sommer gou van daai aaklige nagmerrie sal vergeet.

Danielle ·

Ek bid saam jou tannie. Mag ons Vader daai klein lyfie toevou en haar laat vergeet van die eina wat sy moes deurmaak. Mamma en pappa, my hart is seer vir jul klein mensie, maar dank die Vader dat julle dit kon keur voor dit in n dood verander het, of brein skade.

So kwaad ·

Ek is nou so kwaad! Daai kind was soos ‘n lap pop rondgegooi!!

James Lishman ·

My oupa hart breek as ek die die nonchalant rondpluk van so klein mensie sien – daardie oppasser moet so hard gestraf word dat sy nooit weer dit aan n weerlose kleintjie kan doen nie. Ouers maak altyd seker in wie se sorg jy jou kosbares los.

Elsie ·

Oooo Liewe genade ek sal moord pleeg. Hoe kan enige mens so iets aan ‘n baba doen. Sy moet sommer toegesluit word vir die res van haar lewe. Daai arme kind sal definitief emosionele skade oor hou. Hoop dat die ouers haar na kindersielkundiges sal neem.

Artimus ·

Stem 100% saam. My kleinseun nu 7 maande. Sal myself ni kan beheer soos die een pappa wat so ruk terug di oppasser gevang ht waar sy op klein dogter staan en haar rondgooi en klap. Wee jy……!!!!

Elsie ·

Ek is nou so ontsteld, my h/art sit in my keel. Ek bewe van woede en ek huil vir die arme kind. Hoe verwerk mens so iets

Aleen mamma ·

Lorett
Ek sou ook graag wat wou gee en met die minste tevrede wees as ek my kinders tuis self kon versorg, eerder as dat hul moet deurmaak wat die klein mensie moes deurmaak. Ons is egter nie so almal gelukkig soos jy nie….
En dit gaan nie altyd oor besittings en ‘n hoë leefwyse nie, baie van die mammas en pappas het nie ‘n keuse nie!!

Ouma ·

Soos ‘n stuk vloerlap word daardie ou kleintjie hanteer!! Daardie oppasser lyk my tot moord in staat! O hemel, ek hoop sy sit vir baie, baie jare. Ouers moet wakker skrik en skelm kameras oral in hul huis installeer as kinders tuis versorg word. Moet ook nie jou kind na ‘n kleuterskool neem waar jy jouself nie gedurende die dag kan gewis of jou kind goed behandel word en OK is nie. Ons spandeer duisende op karre en ander dinge. Jou kind is jou kosbaarste besitting, so spandeer geld aan kameras. ‘n Seun in ons familie is al ‘n groot man vandag. Onlangs eers, het dit uitgekom hoe hy by die dagma mishandel is en seksueel gemolesteer is. Die bure het destyds onraad vermoed en die ouers gewaarsku. Hulle het die kind weggeneem. Die skade was reeds gedoen, en dit was ‘n opdraende pad met sielkundiges om reg te maak wat met hom gebeur het. Wakker slaap ouers.

Elke Janse van Rensburg ·

My mamma hart huil vir daardie arme kindjie! Ek kan nie help om te wonder wat daardie monster nog aan daai arme poppie gedoen het nie.
Mag God haar herstel en van alle trauma genees. Ek dalk die Vader dat daar nou geregtigheid gaan geskied.

En vanaand gee ek my arme man wat hom kapot werk vir ons, ‘n stywe druk! Ek is so dankbaar vir die geleentheid dat ek by die huis kan wees vir ons kinders, al moet ons sonder baie luukshede.

Huisblymamma ·

Ai,Elke,ek sê ook vanaand dankie dat ek by my kindertjies kan bly en ook vir my man wat so hard werk vir ons. Op die ou end lewe ek eerder sonder daardie paar goedjies en weet my kinders is veilig.

Amelita ·

Ek het nie video gekyk want geweet dit gaan my ontstel, ek al klaar net na wat ek gelees het ontsteld. Ek is n ouma van 4 kleinkindertjies almal onder 3jr, sou dit hulle oorkom sal ek daardie persoon telyf gaan. Mamma gee haar n drukkie vanaf hierdie ouma

Bosveldson ·

Hierdie was in Namibie gewees. Dis nie ANC of SAPD nie. Ek twyfel nogal of die vrou vervolg sou geword het as dit in SA was, ons polisie kyk dan nie eers na aanranding of verkragting nie. Eers as die video viral word dan word daar soms iets gedoen.

MP ·

In Namibie het ons ook deesdae met meer en meer ‘crime’ en korrupsie te doen maar ons geregsdienaars doen darem baie meer om reg en geregtigheid te laat geskied. Sy gaan beslis ‘n harde tyd hê vir haar dade!

Karen ·

Aan die vrou wat dit gedoen het aan die kleine baba jy verdien nie om asem te haal nie.
Mama en Papa sterkte aan julle en dankie DAT julle har mooi gevang het op kamera.

Maria ·

Ek kan nie na sulke videos kyk nie, die opskrif se vir my genoeg. Liewe Jesus wees asb saam met ons onskuldige kindertjies en alle ander weerlose wesens wat aan geweld blootgestel word. En mag daai misdadiger kry wat haar toekom.

Woedend ·

Cynthia, as die SAPD enigiets hiermee te doen gehad het sou die ding nou alreeds borg, en sommer ‘n medalje ook, gehad het. Ek dink Namibië se polisie is beter as die SAPD. Baie sterkte aan die ouers, en ook die kleine mensie.

Lorette ·

Ek sit nou met soveel gemengde gevoelens van verdwasing, en hartseer en woede. Ek sal daai kindjie se angstige gemeng met pyn skreeu en huil nou nooit uit my kop kry nie..ek is tot in my siel in geskok met wat ek nou gesien het..soveel haat en dit teenoor n weerlose baba..ek sit nou so en tjank ek kan my nie indink hoe die ouers moet voel nie…ek dink ek sou verseker my kop verloor het…o nee o woorde dit is afgryslik …..

Ezelna ·

Poging tot moord! Ek hoop sy gaan vir baie jare sit. Maroela Media, hou ons asb ingelig oor die hofsaak.

Mark ·

Een woord vir jou familie se veiligheid-……NANNYCAM. Dankie..

Maritza ·

Ons het kameras oral binne en buite ons huis laat installeer, behalwe nou in kamers en badkamers na ons vir my seun ‘n 9e verjaardag partytjie gehou het en iemand ons vere duvet van ons bed af gesteel het, nogal vervang met een uit ONS gangkas in die oortreksel wat op die bed was.

Hand gemaakte dons kombers – was so pofferig kon hom nie platdruk nie.

Net familie en vriende oorgenooi?!?!?!

Ons het kinderoppaser gehad en dame wat skoonmaak – polygraph toetse laat doen en albei was onskuldig.

So mens kan niemand vertrou nie – dis toe dat ons kameras laat insit, dit is skokkend as iets in jou huis stukkend gesny is en weg is om op daai kameras te gaan kyk dat dit jou beste vriende se kinders is.

My man bly stil en laat maak als reg – ek weier dat hul weer na ons huis toe kom.

So kinders of nie – kry kameras, dis jou huis, jou goed, jou reg!!

Nou so kwaad vir daai vrou skoon naar.

Antonette ·

Dit is nie God wat dit toegelaat het nie, maar ‘n mens wat duiwels besete is. Mammas, bly liewer tuis totdat jou kindertjies groot genoeg is om te praat! My hart breek vir daaridie pragtige dingetjie. Heer Jesus ek vra dat u daardie nare ondervinding uit haar geheue verwyder! Dankie vir kameras!

Fransie ·

Ek voel bitter jammer vir die ouerpaar en die onskuldige kindjie. Maar nog meer jammer vir die oppasser, want God slaap nie en as reg en geregtigheid toegepas word sal sy lewenslank boet vir hierdie WALGLIKE DADE. Baie sterkte vir die ouers en kindjie

Annie ·

Help my asb net reg hier. Sal dit nie beter wees om van die staanspoor af vir jou baba oppasser in kennis te stel van kameras nie? Sodoende hoe jou baba, wat nie kan praat nie, die trauma gespaar word. Of is dit belangrikker vir mense om n lokval kamera te stel ten koste van die kleinding se veiligheid? Ek weet nie. Miskien sien ek dit maar uit n dwaas se oogpunt. Seer sekerlik werk voorkoming beter as genesing – dis nou te sê as die lokval kamera nie dalk die kindtjie se dood opgeneem het nie.

Towenaar ·

Sekerlik kan jy nie kameras oral installeer nie, as jy vir haar se waar die kameras is sal sy die kind net in ‘n ander vertrek soos die badkamer vat en dit steeds aan haar doen. Hierdie is ‘n kinder abuser 1000, sy sal enige plek kry om dit te doen al is dit in die buitekamer. Hoe kan jy se dit is belangriker om ‘n lokval te stel vir die ouers? Wie is jy om te oordeel? Jou kommentaar is regtig baie onsensitief.

Serina ·

Annie ek stem saam.Toe die ouers die eerste merke op die baba sien moes hulle iets daaraan gedoen het. Ek het n pragtige kleindogter van 10 maande. As so iets met haar moet gebeur raak ek van my kop af . Daai ou babatjie kan nou permanente skade hê en wat van al die pyn waardeur sy is. Ouers moet beplan vir n baba want jy kan nie jou baba in enige een se sorg laat nie. Ek is jammer maar dis my opinie

Hettie ·

Ek het ook n baba wat deur n opasser versorg word. Daar is kameras in elke vertrek in my huis behalwe die badkamers. Ek kan enige tyd op my selfoon ingaan en gaan kyk wat in en om my huis gebeur. My baba opasser weet sy mag my kind onder geen omstandighede in n vertrek – soos die badkamer – neem waar daar nie kameras is nie. Sy is bewus van die kameras. Ek kan nie help om met Annie saam te stem nie. Voorkoming is beter as genesing

Hannelie Allen ·

goeie genade! ek is nou tot in my siel geskok, het nie woorde nie!

Madeleine ·

Ai liewe mamma. Hoekom so lank wag voor daardie kamera plant?

Dean ·

Madelaine, die engelse het ‘n raak sêding: Hindsite is an exact science. Dit is nou maklik om al hierdie vrae te vra.p

Ouma wat weet ·

Madelaine, Mense wat sulke dinge doen is so slinks en werk so dat jy nie jou vinger op iets kan plaas nie. Gelukkig raak hulle meer gerus met tyd en hulle word uitgevang! Ek is seker die ouers vra hulle self die selfde vraag maar al die “hoekoms en waaroms en as ons maar net vroeer” gaan net meer verdriet en ergernis veroorsaak. Wat hierdie mense nodig het is ondersteuning, nie verwyte nie (maak nie saak hoe sagkens jy dit probeer stel nie)

Christell ·

Dit is baie hartseer en die video gaan my self wakker hou ek is self n mamma van n amper 9 maande baba dogtertjie, maar dit is goed dit word gedeel sodat daar gesien kan word, en ja sy sou verdwyn het stil stil sonder genade, maar sy sal eendag moet rekenskap gee vir wat sy gedoen het ,sterkte aan die ouers ek hoop hulle pragtige baba herstel volkome x

Ann ·

Looking at this video breaks my heart. We put our trust in people to look after our little ones and this is what they do….such a beautiful little girl who is so innocent and full of love doesnt deserve this…i hope the ignorant,inhuman worker gets what she deserves. God is good and this that she did will be judged! To the parents….dont feel guilty as you didnt know that this would happen to your angel,dont change who you are…pray.

Towenaar ·

Daar sal weer ‘n verskoning wees. MAG ek asb ALLE mammas vra om julle kinders by kleuterskole en dagmoeders te laat, ASB die alleen oppassers by die huis kan enigiets met jou kind doen, dit kon BAIE ERGER gewees het, jou kind kon doodgegaan het . ASB MOENIE KINDERS BY NANNIES LOS NIE!!

magrietha ·

Bring haar vir my dan wys ek haar wat ek met haar sal doen.Hie kon sy so weerlose baba gooi en nog aan voet optel

Kommentaar verwyder.... ·

…ek gaan weer probeer…..
Na 100de sulke videos en mense wat ander waarsku is daar NOGSTEEDS mammas wat sê
NEEEE nie MY nanny nie. Sy is soooo lief vir my baba. Sy is soooo goed vir my kindjie. Sy is sooooo dierbaar…. SKRIK WAKKER MAMMA. die nanny is net soooooo wonderlik voor jou!

Karen H ·

Nee ek verkil van jou…ons kan nie ALMAL oor dieseflde kam skeer nie…dis verkeerd. Mens kry opregte goeie mense ook….ek weet en glo dit en weier om my goeie betroubare oppasser wat al jare deel is van ons lewe te straf en te wantrou as gevolg van die en vele ander insidente bekend in die media. As ek rede gehad het tot kommer sou ek verseker optree, maar ek kan met n geruste hart gaan slaap elke aand…my dogtertjie kan praat en sy is baie lief vir haar oppasser..

Wenner ·

Ek moes nooit die video gekyk het nie!! Ek moes GEWEET het dit gaan my ontstel!:Die kindjie se NEK KON GEBREEK HET! ?

Trudie ·

Cynthia, Namibië het sy eie Polisie…. dit het hier gebeur en het niks met SA of SAPD te doen nie. Outjo is ‘n klein dorpie in die Noorde van Namibië, net suid van die Etosha Wildtuin. :-)

Trish ·

Nooit ooit ‘n oppasser gehad nie. Goeie crèche met kameras vir moontlike nagevolge & getuies. Daar is net te veel sulke gevalle! My hart bloei vir julle – moet nie skuldig voel nie – julle het gedoen wat julle gedink het is goed. Help net vir Laila deur dit. Sy is pragtig!

Sandra ·

Hierdie ouma is nou by boosaardig kwaad verby!
Dit is eenvoudig net wreed.

Mags ·

Nee my liewe bleddie…. Het nie woorde nie, ek is so kwaad.
Wie Kan nou glo iemand is so wreed met n weerlose Baba.
Sterkte mamma en pappa

Bianca ·

Julle ek is n christen neh, maar as ek sulke goed sien dan voel ek HAD binne in my en ek voel om BAIE LELIKE dinge te se en ja ek stem saam al hierdie mense, sy sou wragtig nie die son sien opkom het nie al het dit my eie lewe gekos. Sulke goed maak my WOEDEND kwaad……! Sterkte aan die ouers en ek haal my hoed vir julle af, sterkte kleine engel dogterkie!!!

Vmeyer ·

Ek verstaan alte goed dat jy wou moordpleeg toe jy as ouers so iets sien,dis iets verskriklik om te aanskou,so jammer dat julle deur so iets moes gaan.Baie sterkte aan julle en Laila.

Nan Lottering ·

My hart is nou sommer baie seer. Moet dit asb nie net daar los nie, volg die regte stappe en bere haar vir goed.

Annamarie ·

Ek kan nie glo dat ‘n mens so ‘n weerlose kind so kan verniel nie. Dit maak my woedend.

Deon ·

Ewe skielik dink ek wat 26 jaar gelede met my baba van 3 maande gebeur het!!!! My seuntjie was by die “beste” dagmoeder in ongelooflike spog area van Pta. Die aanhoudende naar word van my kind het ons as jong ouers nooit laat dink dat daar fout is by die dagmoeder nie, totdat ons eendag iemand ontmoet het wat vir ons die skokkende ding vertel en dit is dat geen Apteek meer susmiddels aan die dagmoeder wil verkoop nie omrede sy voor die voet aldie kinders doseer vroeg oggend. Die vrou was by dagsorg geregistreer en ook vervolg!!!
Vandag wonder ek of dit daardie middels is vir 9 maande lank gegee is verantwoordelik is vir my skrander kind se depressie!!

Haroldene Tshienda ·

Hierdie artikel het nou my oe oop gemaak. Ek kraam binnekort en het daaraan gedink om a toesighouer te kry maar nadat ek hierdie video gesien het sal ek liewer van my huis af werk en self na my baba kyk. Daai vrou wat jou baba mishandel het moet verewig in die tronk bly. Sy is ‘n gevaar vir enige kind in enige gemeenskap. Eks woedend maar ook baie bly dat julle haar uit gevang het. Gee jou baba a stywe drukkie van my my af. Sterkte en liefde Haroldene Tshienda

stokkies ·

Misdaad en rassisme in die hoogste graad.Wonder net wat sou gese was as dit anders om was.Wys vir ons President

Jansen ·

Dit is baie skokend DAT n lewendige persoon wat die hoogste vertroue gegee is om met n baba alleen te wees dit doen rerig. Wat ek kan se is kom ons los al die woede vir God en wees verseker die gereg sal gedien word.

Mia ·

Ek is nou so ontsteld ek het nie eers woorde nie. Die vet weet ek sal haar iets aan doen! Dis regtig skrikwekkend! My hart pyn vir julle en daai ou poppie! So jammer dit moes gebeur!

mamma ·

Dis hoekom ou moederhen haar kuikens onder haar vlerke wegsteek…of onder ouma s’n.

Monique Joubert ·

Oh sy moet hardloop as dit my kind was. Jis dit maak my briesend. Hoe die mamma en pappa kalm gebly het weet ek nie. Mens kan niemand meer vertrou. Sies vir haar ek hoop sy word vir lank toegesluit

Yolandé ·

Dit wat deur my kop gaan as ek hierdie video sien, laat my skrik vir myself. Nee nee nee! my hart is stukkend vir hierdie gesin. Mag d Here alleen alle aaklige herinneringe uit hierdie pragtige dogtertjie se geheue wis en haar en haar ouers herstel soos wat net Hy kan.

Merle ·

Ek huil…so hartseer! Dis ongenaakbaar. Geen genade vir n weerlose kleine baba…

Amanda ·

Die app of toep se naam is Albert. Werk op selfoon met kamera. Jy kan met wifi stream na jou selfoon, laptop of desktop. Al wat jy moet he is n gmail rekening. Jy kan alles sien wat in jou huis aangaan lewendig. Ek gebruik dit vir sekuriteit en om oog oor my honde te hou. Dit kan selfs beweging geaktiveerd gestel word of vir nagkamera. Dit werk en kos jou niks meer as n ou selfoon en internet konneksie nie. Baie meer kinders word deur opassers verniel as wat ouers besef! Ek sou haar nie vir die polisie gegee het nie…vat aan my kinders en kyk wat gebeur…

Johanna ·

Waardeer is daai arm kleinding wat haar mamma en pappa nie van weet nie. hoop hulle het haar laat toesluit. Sterkte an die mamma en pappa en baie spesiale sterkte aand die kleinding. Hoop nie sy gaan letsels dra van die voorval nie.

William Atkinson ·

Gelukkig luister ek lankal nie meer Jacaranda fm nie want hulle is erger as EFF maar ek sal op haar keel staan tot sy haar laaste asem uitblaas want die tronk is beter as buite vandag met gratis kos veiligheid en dan hosptitaal

Berader ·

My siening is dat elke versorger/ouer moet besef dat as jy nie self na jou kind kan omsien daar altyd n risiko is van verwaarlosing en talle maniere van seerkry. 85% en meer is die oortreder bekend aan jou – die vriendelike tannie, oupa, familie, vriende en kenisse. Dit neem slegs EEN keer, EEN kans om n kind se lewe te verwoes. Volgens my kan vandag se creches (nie meer soos in die outyd) ens agv getalle net fisies versorg. Hierdie kinders word groot en kom as gebroke, stukkende tieners en volwassenes daaruit. Is dit die prys werd, die hartseer werd, die gebroke mens werd? Ons sal moet aan oplossings dink.

HoorHoor ·

Stem heelhartig en volkome saam met jou! Ma’s MOET mos deesdae ook werk. Dit skep disfunksionele gesinne

Ouma wat weet ·

Komaan HoorHoor!! Nou veralgemeen jy!! Alle kinders wat in sorg gelaat word eindig nie op as disfunsionele grootmense nie! Selfs in die setiger jare moes my ouers altwee werk om die pot aan die kook te hou en ek en my man moes dieselfde doen! Ons en ons kinders is nie disfunksioneel nie!!

At ·

Kommentaar verwyder, stem 100% saam met jou, het al te veel gesien, kan nie vertrou nie.

Lynette Davids ·

Dis verskriklik hartverskeurend on the sien hoe i baba so verrinneweer word. How vertrou i mens weer die volgende persoon? Ek is so jammer dat dit met u-hulle gebeur het.

Bianca ·

My hart huil!!!Dat so iets met daai pragtige kind moes gebeur?..Die Here sal met haar af reken…Mammas kyk maar na julle kinders, in vandag se tyd kan ons niemand meer vertrou!!

Morne ·

Ok jaso. Het nie regtig Baie om te se nie.maar is daai my kind was sou ek nie my self kon stop nie.mamma en pappa well done

Anton ·

Die arme weerlosie pragtige babatjie! Na baie nare ondervindings met creches en nasorg vir ons kinders het ek en vrou besluit ons gee die gejaag na goeters prys ma by die huis is van onmeetbare waarde. Vandat ma by die huis is is die verskil in ons kinders soos dag en nag! Amper nooit siek nie en leer als van ma en pa nie die wildvreemde mense by creche nie. Werk van die huis af, dit kan gedoen word maar as die Fortuner belangriker is nou ja…..

Ouma wat weet ·

Anton, Nie almal se werksomstandighede laat dit toe om van die huis af te werk nie! Sommige mense werk, nie net om “fortune te hunt” nie maar om die pot aan die kook tehou! Die mense het nie nod oordeel ook nodig nie. Hulle het genoeg gelei soos dit is!

Ihan Smit ·

Gebruik die sagteware ispy, dit begin net afneem sodra daar beweging of geluide oogevang word. Ek het een van my huishulpe laat gaan omdat sy lang vingers gehad het juis omdat mens agterdogtig raak as mens vrae vra met vreemde antwoorde van die huishulp af. Die program het dit bevestig.

foxi ·

Oooh vrou…..jy sal nie weet wat ek aan jou sou gedoen het nie! Dis allerdaags en nie baie ouers weet dit eers nie! Moeilike wêreld……moeilike mense!

Jennifer ·

Ek verstaan nie hoe enige iemand so ‘n klein mensie so kan behandel nie. Die doodstraf moet trug gebring word vir sulke gevalle waar daai mensie nie vir haarself kan opstaan nie. Vandag se lewe is so wreed dat ek vertrou niemant ten volle met my kind nie,ongeag of dit familie is of nie.

Natasha ·

Dit is fisiese en sielkundige en emosionele mishandeling. Hierdie persoon moet verantwoordelik gehou word vir die beskadiging wat nou en in die toekoms veroorsaak word! Die persoon moet gedagvaar word en dan in die tronk gegooi.

Mariana ·

Karma kom vir haar. God se: Laat die kindertjies na my toe kom. Hy sal haar straf vir die mishandeling van Sy kindertjies en vir haar gedrag sal sy voor God staan op die oordeelsdag.

Asb ·

Sterkte aan ouers en kleinding. “Binx” stem saam jou….ek het eerder met NET die NODIGSTE gelewe nog steed is dit my opvatting en stel ek dit voor, versorg SELF kinders elke oomblik van hul kindertyd tot ten minste hul jou kan vertel van gebeure …eerder as om spyt te kry of met verwyte saam te lewe.

Magda De Man ·

Net die Here se genade dat hierdie baba niks oor gekom het nie………

Christine ·

Dit is baie hartseer. Hoop sy word aangekla…. Is die babatjie ok? Arme ouers…???

Aileen ·

My hart sit in my keel, en ek is nie eers ‘n ma nie, maar die is baie erg, ek hoop hulle sluit haar lewenslank toe, en die arme babatjie ek hoop sy is okay ???

Bianca ·

My hart gaan uit na julle. Dit was bitter swaar om dit klaar te kyk. En poging tot moord klink reg. Dis net genade dat daai klein prinsessie nog nie gesterf het nie. Alles wat daar gedoen was, was gevaarlik en baie gevaarlik om n kind so te ruk en pluk in die eerste plek juis oor hul “baby shaken syndrome” kan kry ?. Geen kind verdien daai behandeling nie. Sterkte aan die familie en jul klein prinsessie.

Stephan Fourie ·

Ek het nie woorde nie, ek haal my hoed af vir die ouers se selfbeheersing na hul dit gesien het. Die ouer in my sou rooi sien.

Stephan Fourie ·

Ek het nie woorde nie. Ek het bewondering vir die ouers se selfbeheersing na hul dit gesien het. Die ouer in my sou rooi sien!

Blommie ·

Hierdie vedeo bewys net weer dat in Namibië en hier in SA kan enigeen ‘n nanny of dag mamma word. In lande soos UK word baba versorgers ( child minders)
Goed opgelei en kry sertifikate, word gereeld besoek deur sosiale werkers.. Sterkte aan die ouers met die pad voorrentoe.

lea ·

SOE ERG ! Asb die ouers moet gereeld ondersoek doen as hulle nie self na hulle kindertjies kan om sien nie.

Lola ·

Ek sal haar defnitief vermoor. Maar ek verstaan nie. My kind het ook ‘n oppasser gehad en die twee was onafskeidbaar. Partykeer het ek gevoel soos ‘n onnodige wiel aan die wa want hulle twee was ‘n gedugte gelukkige span. As ek my kind saam my winkel toe wou vat was die gort gaar. Hierdie het mos nie oornag gebeur nie? Ek vra maar net….want hierdie insident(e) is erg onstellend.

Leo ·

Dis opvallend dat die ou dogtertjie nie gehuil het toe sy haar aan een armpie rondra net voor sy haar soos ‘n stuk vrot vel in die kot neer gooi nie. As haar koppie die muur getref het was sy dood. En dan tel sy haar aan haar enkel op en dra haar rond asof dit niks is nie!
Hierdie 2 ouers gaan vir die res van hul lewens met die vrae en verwyt saam moet leef. Ek kry hulle bitter jammer. Ek is net bly dit is so vining agtergekom, want as dit nog langer moes duur, dink ek nie hulle poppie sou meer langer geleef het nie. Die arme kind gaan met emosionele letsels sit vir die res van haar lewe. Ek haal my hoed af dat die Mamma net polisie toe is, want ek dink nie ek sou dit gedoen het nie. Ek dink ek sou eerder moor. Dit is nie eers my kind nie, maar toe ek die video kyk, toe kook my bloed. Die hartstogtelike gehuil van daardie babatjie is hartverskeurend.

Karen ·

Dis net God se genade (en onbeperkte liefde van haar ma en pa) wat daardie klein psige weer sal heelmaak. Die klein brein is getraumatiseer en sou ‘n permanente letsel kon laat. Dit gebeur dag en nag, oral in die wêreld, onophoudelik en in veel ergere mate (omdat kameras nie die daders betyds betrap?) Die belangrikheid van die aanwesigheid van Mamma die eerste jare in ‘n kind se lewe word LIEDERLIK onderskat, ten gunste van groeiende ekonomieë en oorlewing. En menslike potensiaal wat gedemp sal word weens ervarings soos wat Laila moes deurstaan. Ons menslike ras staan op ‘n afgrond. Die oorspronklike rol van Vrou- en Moeder-wees word totaal misag en oral in OECD lande word gepleit dat moeders so snel as moontlik terug werk toe moet na die begoorte van ‘n kind. Finansies druk en meeste van ons het nie ‘n keuse. Die ” child minders” mag wel beter opgelei word in UK en OECD lande, maar akademiese opleiding beteken nie Liefde vir jou naaste nie! Daar is ‘n opsomming op internet van ‘n “boek in wording” van ‘n Australiese skrywer wat ek tydens my jare daar ontmoet het. Dit benadruk die belangrikheid van ‘n ma gedurende die vormingsjare.Gratis leesstof vir almal wat hul kop skud vir sulke behandeling soos Laila getref het. http://www.essentialmother.com
Die LOVE poster teen Laila se muur is nie genoeg om haar en ander weerloses te beskerm nie.

Adele ·

Sjoe, dis terrible terrible terrible! Hoekom dit aan so ‘n onskuldige babba doen…dit breek my hart toe ek dit sien, kan nie help om te huil nie want dis erg ontstellend!

A ·

Twee woorde vir mense met of sonder kinders No Nanny & No Helper.

Monica Grobbelaar ·

Dean jy mag nie God se doen en Late bevraagteken nie. Alles gaan oor keuses wat ons in ons lewens doen.

Marli Fourie ·

Ek wil sommer huil as ek dink aan daai klein lyfie. Ek is bly julle het haar gevang! Ek dink aan jou mamma-hart, onthou dis NIE jou skuld nie, al voel dit so.

Suzanne ·

Ek voel so bevooreg en geseënd dat ek my kinders by my kan hou en self kan groot maak. Dankie aan my liewe man wat dit saam met my so verkies.

STEPHANY ·

Mamma en Pappa het julle die babatjie gevat vir Scans en n behoorlike check up , volgens die video het sy die baba baie hard in daardie cot gegooi.

Elizabeth Avenant ·

Ek stem saam Stephany! Daai kind het sielkundige EN liggaamlike letsels opgedoen!!!

Ag nee regtig ·

Jy ken nie hierdie mense nie, moenie die skuld verskuif nie. Hierdie is eerbare goeie mense wat die beste vir hul kindjie wou hê, ‘n persoonlike oppasser wat genoeg aandag kon gee. Ek het in werwing gewerk en jy sal geskok wees oor hoe nederig en hoe wonderlik mense in onderhoude is. Hierdie nannie was eenvoudig ‘n ramp wat plek gesoek het om plaas te vind. Sê eerder saam met hierdie ouers dankie, hierdie babatjie het oorleef en op die oog af nie breinskade. Jy weet ook nie wat hul omstandighede is nie, met skool fooie wat deesdae superhoog is, omdat die staats skole eenvoudig nie op standaard is nie, het ouers werklik nie meer ‘n keuse om tuis te bly nie. Gaan maak somme en vir die wat wel in die bevoorregte posisie is, waardeer jou man, dit is ‘n ongelooflike voorreg om jou kinders groot te maak.

Nina ·

Ek is Jammer maar my kind sal saam met my werk toe gaan elke dag ek vertrou niemand nie en nou nog minder sal ek ‘n kinder oppasser vertrou. Gelukkig is ons almal by die kantoor baie close met mekaar. #mykindsalsaammetmywerktoegaan

Kobus` ·

Dis hoekom mens alles deesdae SELF doen.

Doen alles self, dan weet jy dit is ordentlik gedoen en jy kan net jouself blameer as iets dan verkeerd is.

Ekke ·

Ek is so hartseer en kwaad. Kan eintlik nie verduidelik hoe ek voel nie. Ek het self 2 kinders en ek kan myself nie eers indink as so iets met my kinders moes gebeur nie. Ek kan dit nie glo nie! Sterkte aan die ouers en die kleine pop. Dis so onregverdig.

Kosie ·

Dis hoekom ek hou van hoe die Japaners wek.
Elke Japanse organisasie het gellerde Japnse kinder oppassers wat na jou kind omsien. Hoekom het Suid Afrikaanse maatskappy nie sulke voordele vir hul werkers nie. Almal werk, is gelukkig en word lewenslank mooi na gekyk. En Afrika?

Asb ·

Karin en A en Deon … SELF SELF SELF ken jou mense al wat nodig is.

Thomas ·

Asseblief ma’s pas julle eie kinders op! Ja, ek weet van die moeilike tye en geldnood stories – niks en geen gerief is meer werd as jou kind nie. Jy pluk die vrugte as hulle skool toe gaan!!

Elizabeth Avenant ·

Ek hoop nie daai kindjie het BEINSKADE opgedoen nie!!!

Rina Kotze ·

Wens mens kan so kamera herlei na ‘n dagsorg of nasorg en so kinders vang wat jou eie kinders boelie asook versorgers wat nie reg met kinders werk nie!
My kinders was lank bang vir een versorger en wou nie naby haar kom nie.
Dis net afgemaak as kinderverbeelding.

Sterkte aan Laila en ouers!

Marina ·

My hart bloei vir klein Laila, so bitter, bitter hartseer. STERKTE

Elsabe ·

Kan nie glo dat sulke afskuwelike dinge kan gebeur nie. Sy kan ook eendag ‘n ma wees en sal sy dan daarvan hou as dit met haar gebeur. Waarom vra vir werk as jy dit nie uit jou hart uit wil doen nie. Sterkte vir julle en ek bid vir julle asook vir Laila vir beterskap en dat al hierdie naar gedagtes en bang van haar af weggevat sal word deur onse Hemelse Vader. Gee haar nou net liefde, baie baie liefde

zunette du toit ·

Dit is afskuwelik om te dink dat daardie kinderkind geen maar geen verweer teen daardie
vrou gehad het nie ek hoop sy word goed gestraf en aan die ouers sterkte en voorspoed met julle grootmaak van julle kindjie net liefde en goeie versorging sal help.

Malie du Toit ·

Ek moet / gaan nie kommentaar lewer nie, want daar is een Vader in die Hemel … as dit my kind moes wees. STERKTE mamma en pappa met die pad vorentoe en ek bid vir klein Laila. ♥

Hester ·

Ek huil my dood! Die arme, arme onskuldige baba!! Dis die rede hoekom ek nooit my kinders by ‘n kinderoppasser wou los nie. Ek pas my seun se klein dogtertjie op vandat sy 4 maande oud was (sy is nou 2). Sulke wrede mense moet lewenslank tronk toe gestuur word!

Elizabeth Avenant ·

Ek stem saam met jou Sus!! Skyla en Amber is baie bevoorreg……..Ek is so dankbaar!

Hanli ·

Sterkte Laila, Karin en Deon!
Jong mense, kom werk in die platteland waar mammas hul Jong kinders saambring werk toe tot hul kan aandui daars fout. En selfs dan neem jy hul na geregistreerde speelskool waar almal die betrokke juffrou-tannies ken en Altyd baie pare oë is.
Die optrede is onvergeeflik!

Hanli ·

Sterkte Laila, Johan en AnneMarie
Jong mense, kom werk in die platteland waar mammas hul Jong kinders saambring werk toe tot hul kan aandui daars fout. En selfs dan neem jy hul na geregistreerde speelskool waar almal die betrokke juffrou-tannies ken en Altyd baie pare oë is.
Die optrede is onvergeeflik!

Carlien ·

We are seeing this cruelty more and more its not acceptable the courts should make an example out of this case and show the world hoe precious put kids r but the death penalty on the table

Andre Traut ·

Besef sekere mense nie dat hulle eie dade bydrae tot, en in die geval SA want ek woon hier, die hoë werkloosheidssyfer onder hulle nie?
Ek hoop die dogtertjie is ok

Koeksuster ·

Ek dink ek het nou net diep binne in my hart gesterf toe ek dit sien

Kobus Smit ·

Jammer om dit te sien. Suid Afrika, maak julle eie kinders groot. Ja, vir baie is dit seker nie moonlik nie, want baie gesinne is nie in die posisie dat net een van die ouers kan werk nie. Vra jouself, moet ons alby werk?

Pieta ·

My moederhart skeur as ek na die video kyk; my kleinkinders is oorsee en die wat naby bly, kom nie gereeld kuier nie want hulle neem aan sport deel. Ek begeer dit absoluut om so klein dingetjie lief te hê en te vertroetel! Klein Laila, hierdie ouma bid vir jou toe net gesondheid, God se seen in jou lewetjie vorentoe. Mag ons Vader help dat jy geen letsels van hierdie barbaarse gedrag oorhou nie. Ek bid oor jou lewe Psalm 91 en oor jou mamma en papa.

Renate ·

Mag die Here se liefde julle toevou in die tyd en genesing bring.

Jerome Sheldon Pannel ·

Dear God
Please heal this little baby and the parents, physically, psychologically and emotionally Amen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.