Video: Orkaan op pad na VSA se ooskus

orkaan argieffoto therealrevo_com

Argieffoto Foto: therealrevo.com

Storm Arthur wat na die Amerikaanse ooskus op pad is, is tot orkaan opgradeer nadat die windsnelheid tot meer as 120 km/h toegeneem het.

Noord-Carolina het ‘n noodtoestand langs die kus afgekondig om behoorlik voorbereidings te kan tref.

Vuurwerke vir Onafhanklikheidsdag op 4 Julie het reeds Donderdagaand in Boston plaasgevind om die slegte weer vry te spring.

Die orkaan het reeds chaos in New York aangerig met kwaai donderweer en oorstromings, en dele van die bekende Brooklynbrug het in die slag gebly.

Bronne: The Independent, Trouw, Miami Herald

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jas van As ·

Ek kon nog nooit verstaan hoekom orkane na vrouens vernoem is nie, want mans is tog meer humeurig as vrouens. :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.