Video: Ouers ontstoke oor pastoor se Kersvader-uitlatings

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Ouers van Texas in die VSA is woedend nadat ʼn pastoor vandeesweek in een van dié dorp se inkopiesentrums ingevaar het om die “waarheid oor Kersvader” aan jong kinders te “ontbloot”.

Dawid Grisham, die pastoor, het homself Dinsdag verfilm waar hy deur die Westgate-inkopiesentrum in Amarille beweeg het om kinders te leer Kersvader bestaan nie werklik nie.

Grisham sê op die video hy wil kinders leer Kersfees gaan eintlik oor Christus en nie oor ʼn man met ʼn lang wit baard nie.

“Kinders, ek wil vandag vir julle sê daar is nie iets soos Kersvader nie,” het hy aan kinders gesê wat in ʼn tou gestaan het om ʼn foto saam met Kersvader te neem. “Die man wat julle vandag sien, is net ʼn gewone man in ʼn pak klere. Hy is aangetrek soos die sogenaamde Kersvader, maar daar bestaan nie so iets nie.”

Hy het ouers daarvan beskuldig dat hulle hul kinders verkeerd grootmaak deur vir hulle leuens te vertel. “Ouers, julle moet ophou om vir jul kinders te lieg deur te sê Kersvader bestaan wanneer hy nie bestaan nie.”

Een ouer het Grisham aangevat en gesê hy moet die kinders uitlos. “My kinders staan in daardie tou waar jy so tekere gaan. Ek wil nie hê jy moet daar staan en hulle ontstel nie.”

Verskeie ander ouers het hulle tot die winkelsentrum se Facebook-blad gewend om hul ongelukkigheid uit te spreek. “Ek wonder hoeveel kinders se Kersfees is nou geruïneer deur die pastoor? Ons besef daar is nie ʼn Kersvader nie, maar hulle is kinders. Tesame met dié tradisie leer hulle ook oor God en waar geskenke werklik vandaan kom,” het Holly Thomas geskryf.

Scott Janney het ook gesê die inkopiesentrum het talle lojale kliënte verloor deur die “dwase optrede van die pastoor”.

Die Westgate-inkopiesentrum het Dinsdag aan Huffington Post vertel hul beleid verbied enige gedrag wat die vrede versteur en diegene wat nie daaraan gehoor gee nie, sal deur sekuriteit verwyder word.

Grisham het nog nie kommentaar gelewer nie.

Volgens geskiedkundiges is die karakter van Kersvader geskoei op die Christelike heilige, St. Nicholas. Sy vrygewigheid teenoor kinders as ʼn Griekse biskop het glo daartoe gelei dat hy bekendgestaan het as “beskermheilige van kinders” en “bringer van geskenke”.

Bron: Huffington Post

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

101 Kommentare

Victor ·

Inderdaad doen hy. Hy ontneem een feeverhaal en dreig met ‘n ander een

Olivia ·

Amen en Hallelujah een Pastoor wat die waarheid praat. Hy moes dalk net verder gegaan het en gesê het Kersfees is pagan en die boom en versiersels word verbied in Jeremia dan sal meeste Christene weer se dis nie so nie maar dis reg daar in die Bybel en jy vier die songod se verjaarsdat Tammuz op Kersfees nie Jesus wat in eintlik in September gebore is nie, maar nou ja kom ons los dit maar daar voor die wat nie regtig navorsing doen oor wat hulle nie sê dis nonsens jy moet Kersfees vier. Dit is gemik op die feeste van Constantinopel en sy songod feeste wat hy verander het na Kersfees sodat hulle nie hul afgodsaanbiding hoef op te gee nie en ja die Bybel verbied dit.

Arsène Lupin ·

Presies Connie – Kersfees gaan oor die geboorte van ons verlosser – so ook met Paasfees – dit gaannie oor hasies en eiertjies nie. Tyd dat daar vir die waarheid opgestaan word!

Victor ·

Kersfees en paasfees was ge-highjack deur die christene. Gaan lees hoekom daar ‘n haas in die simboliek is. Een feeverhaal is nie belangriker as ‘n ander feeverhaal nie

Denise ·

En so wil miljoene mense alles behalwe die waarheid HOOR EN GLO en dit hartseer al wat die pastoor probeer se is vertel die kinders waar oor dit regtig gan die waarheid!!!!!!!! En dit gan Kersdag net meer spesiaal maak as hulle weet!!!!!

nella ·

magies kan julle nie so bohaai maak oor die boere wat uitgemoor word nie…wat daai kers etes verskaf wat julle eet nie ….

Eon Sonnekus ·

Ja, moenie tyd mors op goeie en behoudende dinge soos Kersvader nie. Beveg eerder die ware kwade.

Omgekrap ·

Mense kan so kleinlik wees, los die mense laat hulle, hulle kinders grootmaak soos hulle goed dink. Hoe sal jy daarvan hou as iemand vir jou kom vertel jy maak jou kind verkeerd groot? Dit wat jy sien as reg of verkeerd is nie relevant vir my nie, dis my kind en ek sal my kind grootmaak soos ek sien pas. Daar is so min onskuldigheid oor in die wereld, waarom hierdie kinders dit ook nou ontneem? Jy het geen reg om namens ander te besluit wat reg of verkeerd is vir hulle kinders nie. As jy nie daarvan hou nie, moenie jou kinders leer van kersvader nie

Ronel ·

Presies Omgekrap. Elkeen maak sy of haar kind groot soos sy dnk is reg. My jongste seun is 10 en hy glo nog aan kersvader. hy weet waaroor kersfees gaan, maar glo kersvader bring die geskenkies. Dis vir my lekker om te weet my kind is nog onskuldig in daai opsig dat hy op 10 jarige ouderdom nog daarin glo.

Ada ·

Hy is nie ‘n kersvader werd nie. Toe ons kinders was het ons almal aan die tandmuis en kersvader geglo. Steeds is ons gelowiges want met die tyd het ons ouers ons vertel waar Dawid die wortels begrawe het. Dit was ‘n lekker tyd in ons lewens gewees, die gewag vir kersvader en die tandmuis. daar is min om in vandag se tyd om te geniet – gun dit vir die kinders. Verder is dit net moord en doodslag. Die kindertjies glo nog steeds aan Liewe Jesus. So wat is die probleem? Dan moet feetjie en dwergie boeke ook nie bestaan nie.

Simon ·

Aan ADA
Baie dankie vir jou skrywe.
Jy neem so te se die woorde uit my mond.
Jy raak alles aan wat ek ook wou skryf.
Statisties gesproke is daar duisende ander wat saamstem waar ten minste twee persone n saak in dieselfde lig sien.
Baie dankie vir jou siening.

Chris ·

Ek is bly ek het met kersfees, paasfees en die tandemuis groot geword. My ouers het my die vreugde gegun en my tog stelselmatig reg geleer. Dit is ook nie elkeen wat skree Here Here wat die poorte van die hemel gaan sien nie.

BS ·

En hy sou die enigste een in die waarheid wees en hul uit satan se kloue lei. Niemand so blind soos die wat nie wil sien en so doof soos die wat nie wil hoor. Laat hul dan werelds bly as hul deel wees van dit.

Bulletjie ·

Ek stem saam…my oge het laaaaankal oopgegaan en my kinders is sommer al van babatyd af geleer dit is strooi.

Victor ·

Bulletjie, solank jy hulle leer dat alle gelowe mites ook is

Louis Prinsloo ·

BS- Ek is bly vir die wat hulle kinders van kleins af die waarheid leer, vir die ouers wat nie hulle kinders in fantasies groot maak nie. My kinderjare was so tussen fantasie en waarheid, waar ek as graad r kind besluit het om afstand te neem van die bog praat fantasie.
Victor- Jy praat so van mites ens, bly waarheid teenstaan. Ahahaha ai doen huiswerk of lees die bybel tot die oë van jou* verstand oop gemaak word, mense wat in waarheid lewe; is mense wie se lewe 8/10x meer verleng word as die wat aan fantasie vasklou.
Ouers- Gaan julle jul kinders vroeg die waarheid leer so dat hulle daarin groot word om vir hulle na geslagte oor te kan dra, dat hulle lank mag leef. Of gaan julle in fantasie bly leef?
Let dus ook wel, fantasie verander of vergaan; so ook die sonder onbeweegbare geloof in God. Waarhede is onveranderlik en onvergangklik vas gegrond in God se Koningkryk en in die boek van lewe

Victor ·

Louis Prinsloo

Verduidelik jou stelling. Watter “waarheid”? Bring bietjie konkrete bewyse dat mense se lewe “8/10x” meer verleng word, of hou op leuens vertel

Elize ·

Waarom kinders ontneem van ‘n sprokie? In vandag se lewe het hulle sprokies nodig om hulle lewens op te helder. Al waarmee hulle te doen kry is dood en moord en al die lelike goed wat daarmee saamgaan. Los vir Kersvader, Tandmuis – dit het ons nie as kinders skade gedoen nie, en tog word jy groter en ontdek “dammit, toe lieg hulle al die jare vir my dis mamma en pappa wat geskenke gee, en ook die R5 onder die bed in my skoen”. Dit beteken nie omdat jy daarin glo dat jy nog ‘n liggelowe en ongelowige is nie.

Chrisjan ·

Dis juis wanneer mense begin glo kinders het sprokies nodig, dat die wereld lyk soos hy lyk.

Louis Prinsloo ·

Elize-Al teenstelling wat ek oplet, is dat daar ook soveel goeie keuses kan volg wanneer die waarheid gepraat word. Nie net red mens ‘n kind vroeg van die gevaar van rebelse tienerlewe nie, mens voorkom ook die boeie van fantasie. Ek het ‘n kind geken wat vas bly glo het in fantasie, wat rebels geraak het en selfmoord gepleeg het toe die kind tot besef kom alles was leuns; dat hy beroof was en weerhou is van waarheid. Dit wys duidelik hoe vasgevange fantasie mens kan maak.
Chrisjan -, Ja dis reg, elkeen het eie denke wat weg skrum van die waarheid; wat volg in die land waarin ons lewe. Oplossing: Leef en laat leef in die waarheid van God wat mens lewe gee om Sy Woord te verkondig

Ouvrou ·

Daar is so min onskuldige pret oor vir kinders veral in SA. Los Kersvader uit!

Kersmoeder ·

Ag hy soek net aandag . Kersvader is slegs ‘n SIMBOOL van iemand wat geskenke bring, so julle almal wat so aangaan oor ‘n afgod of oor ‘n leuen is regtig belaglik. Soos meeste mense se, alles is net moord en doodslag . .meeste kinders weet al KERSVADER Is hulle pa of oupa, maar steeds is dit die opwinding van geskenkies ontvang en uitsien na iets. Dit is hoekom meeste kinders op anti-depressante is en elke week by psigiaters uithang, en soveel kinders selfmoord pleeg op jong ouderdomme, omdat alle vreugde en onskuldige pret weggevat is, en hulle moet deal met die harde werklikheid. Skaam julle.

Louis Prinsloo ·

Kersmoeder-Wys vingers na ander, hoeveel wys terug?
Ek lees jou* stelling, tog kyk meeste die lig en blydskap wat waarheid bring mis.
Of verblind hulle so in fantasies dat die lig van die waarheid erge nagevolge het.
Gaan ons dus kinders met fantasies laat groot word, of gaan ons vroeg die waarheid aan hulle openbaar aangesien ons dit reeds weet?

Donnie ·

Hoekom gee julle dan geskenke? Dan is dit ook mos sommer tjol. Maar nee, mense wil selektief glo in dinge wat vir hulle belangrik is. Almal koop steeds paaseiers en paashase om te eet, niemand dink die goed is lewendig nie, en niemand dink ‘n haas le eiers nie, lyk my meeste Suid Afrikaners het dom geword, hulle verstaan nie lekker simboliek nie.

NIEMAND het die pastoor gevra om in die winkelsentrum te preek nie, laat hy by sy eie kerk gaan preek, los ander mense uit.

Henry ·

Die pastoor maak soos alle dwepers gewoonlik maak – smous onsinnighede, veroordelings ens ens ens in winkelsentrums, op forums ens ens ens…

Louis Prinsloo ·

Donnie- Gaan die lewe oor simbole wat geskiedenis herhaal of die gees van die gebeurtenis wat deur geskiedenis herhaal word?
Doen navorsing oor die sleutel woorde en waarheid sal openbaar word. Die gees van gebeurtenisse was daar lank voor die simboliek gevolg het om die gees te onderdruk met nuwe betekenis. Dus het waarheid my gered en fantasies my seer gemaak as kind.
Geskenke volg omdat mense die gees daarin raak sien. Slaan geskiedenis na, selfs by Jesus se geboorte, die geskiedenis van paasfees- Daar was geskenke en lekkers gedeel wat simbole aan die dag gegee het. Hoekom doen ons dit vandag nog? – Om die kind(ers)/bestaan/lewe te vier wat God ons genadiglik skenk.
Dis tyd dat ons die waarheid reg benader en bekend maak. Hoe dit gedoen word, hang van elkeen af

Christa2 ·

Ek wens daar was meer mense wat bereid was om die waarheid te verkondig. Ek haal my hoed af vir jou pastoor Grisham. Mense wil net hoor en sien wat hulle laat goed voel. Ongelukkig is dit juis wat ons uit die hemel uithou. Die Woord van God sê nie verniet “deur ‘n gebrek aan kennis gaan my volk ten gronde”.nie Gaan doen ‘n studie oor kersfees en kyk of jy daarna steeds vir jou kind wil “lieg”. Ek het ook, totdat ek die waarheid ontdek het.

Michael barnard ·

10 uit 10 vir die pastoor hy is n man na my hart ek wens daar is meer van hul wat wil opstaan.

nanna whitehead ·

Die man is doodreg. Dis in elk geval ‘n “pagan” fees. Mooi man.

Gerda ·

Ek wens hierdie mense wat so hul energie opgebruik om die satan agter elke bossie uit te skop eerder hul energie gebruik om op n vreedsame manier die Here se Naam te verhoog en die Evangelie te verkondig. Dit help nie om aggresief te raAk nie want mense gaan dan nog minder luister. En daar is niks mee fout om die Christusfees (Kersdag) met n boompie en n geskenkie te vier nie dis die gedagte wat tel en wat jyself daarvan maak.

Juan ·

Dit is as jy soos gestel ondersoek ingestel het waar die boompie en sterretjie eintlik vandaan kom

Louis Prinsloo ·

Die Evangelie van Christus is waarin die boom van lewe gesleutel is, waarin elke naam op aarde geskryf staan in die boek van lewe. Om navorsing evens te vergemaklik, lees die laaste boek van die bybel; koppel dit aan soveel ander goed wat vandag as reg of verkeerd sien.

Danel Casey ·

Ek respekteer die pastoor. Hy gaan dapper uit in die publiek die waarheid te gaan spreek veral om in die tyd waar in ons lewe waar als wat verkeerd is net reg is nou en als wat reg is is nou verkeerd en dwaasheid. Kersvader en die hele ding oor kersfees, veral in Amerika is n strik van satan om mense te mislei. Die boodskap van Jesus Christus word heeltemal uit gelos en hul probeer Hom vervang met Vader Kersfees!! Mense kyk net die Holywood films wat oor kerstyd gaan en kersvader. Kyk net en luister hoe subtiel probeer hulle mense , veral die kinders oortuig, dat kersvader vir hulle vrede en blydskap bring. Die hele idee is om kinders te mislei en te laat glo aan die belaglike mannetjie in plaas van die Ewige Jesus Christus wat vir die kindertjies en hul ouers aan die Kruis die Ewige Lewe kom bied het! Dit is nie net n onskuldige ou storie wat kinders nou met groot ogies op kersfees tyd kan ervaar nie. Dit is subtiel n verwoesting op hulle siele sodat hul al hoe minder kan glo in Jesus Christus. satan mislei die wereld so met die blink dingetjies en die oulik van kersvader en als wat met dit gepaart gaan oor kerstyd. En die wereld en selfs,,ja selfs Christene wat veronderstel is om die waarheid te kan onderskei word so mislei.

Griet ·

Nee wat, Denel, hy het dit verkeerd benader. Mens loop nie so en onstel mense nie. Dis onnodig. Daar is ander maniere.

Ruben ·

Inderdaad Danel. Jy is 100% reg. Mense sal nou aan gaan om te stry daaroor maar die waarheid is die waarheid. Ek kon dit nie beter gestel het nie. Baie dankie

Louis Prinsloo ·

Danel* dis uitstekend gestel.
Griet-Waarheid maak seer vir die wat in fantasies groot geword het en later eers tot besef gekom het. Maar steeds die waarheid met fantasies wil onderdruk

brenda ·

All i want for xmas is my 2 front teefffff…..pleks hy vra vader krismis self…..ongeskik en simpel die man.

Moegviraldiebeloftes ·

Wil net graag sê die wonder van kersfees word steeds in ons huis gevier – my kleinkind verlustig haar in al die kersversieringe ens in die winkels. Sy kan ook nie wag vir kersvader om haar geskenkies te bring nie het reeds haar briefie vir hom gepos. En sy kan spring behoorlik van opwinding en kan nie wag om vir Liewe Jesus veels geluk te sing en om ons te help om die boom te versier nie. In ons huis kan jy ‘n kersversiering kies om jou kamer versier – groot was ons verbasing toe sy een van die geboorte in die stal gekies het – ons moes toe inderhaas nog een gaan koop – want sy wil hê Baba Jesus moet in haar kamer slaap by ouma se naglig. Tandemuis en paasfees verskaf groot pret met ook die regte bedoeling – mense moet ophou om satan in alles te sien enigiets in hierdie hele wêreld kan gebruik word om ‘n kind mooi op te voed en regte waardes te leer

J ·

Laat die een van ons wat sonder sonde en foute is die kamer verlaat asb! Goeie genugtig dis kinders. Wat hoor/sien hul nie als by skole en sien op tv nie? Nou gaan beneuk die pastoor als op by n mall.

Griet ·

Kersfees en Desember-vakansie gaan saam soos die geboorte van Jesus en die pret van persente ontvang… OK, dit maak glad nie sin nie, maar… my kinders ken God en weet Kersfees vier ons Jesus se geboorte. En dis baie lekker om ‘n groot partytjie te hou en persente uit te deel en die aand saam met die kinderTJIES te geniet. Hulle weet nie nou dat ons dit koop nie, maar hulle vind dit later uit en dit verander niks aan die saak nie. Dis lekker om te sien hoe opgewonde die kinders is. Dit beteken nie ek jok vir my kinders nie, dis soos konsert hou en stories lees en tv kyk – dis ook nie alles waar nie, dis stories. Ek is bly ek kon deel wees van die sprokie toe ek klein was, ek sal darem baie vies wees as my ouers my daarvan ontneem het.

Sandra Nieuwoudt ·

Arme kinders sien net m,oord en doodslag en nou moet hul van Kervader ontneem word? So ons moet vir hulle lieg terwyl hulle so moord en doodslag sien om hulle?? What ever mense Jesus is the reason for the season! Ek koop nie geskenke oor kersfees nie. Ek maak eerder iemand se verjaardag spesiaal. Glo my reeds as ek jou se die klein kindertjies weet baie mooi dat ma en pa die prezzies koop so ontspan maar oor die arme bloedjies hulle word anyway so vol gestop deur ma en pa dat hulle niks wardeer nie. Leer hulle die waarheid oor kersfees en jy maak ‘n baie gesonder mens groot waarmee die samelewing eendag moet mee opgeskeep sit.

vermeende ·

Die meeste kinders glo nie werklik dat kersvader bestaan nie maar hulle se dit nie vir die ouers nie want dan is die kans daar dat hy sy persente kwyt kan wees.

Katryn ·

Waaroor gaan ons die grootste veroordeel word , omdat ons Sy geboorte vier tot eer en verheerliking of dat ons die belofte van die 16de Des verontagsaam. Dit was n belofte direk aan God gemaak!!!

Basson ·

Al hoe meer Amerikaanse sensasie op MM, word julle nou ‘n poniekoerant?

Die redaksie standaard is besig om te daal, stop dit betyds asb!

Wiewilweet? ·

As jy nou moet kies tussen die 2 sprokies dink ek die 1 wat nie kinders dreig met hel, duiwels en ander twak nie, is baie minder skadelik.

Cacophony ·

Kyl as daai man dit sou waag om my kinders se fantasie weg te neem sou ek hom werklik met een allemuntige plathand plat geslaan het. Wie de hel dink hy is hy. Is nou al so sielsalig keelvol vir hierdie “holier than thou mense”. Mense wonder hoekom so baie mense hulself distansieer van kerke. Hierdie is hoekom. My kind kan glo daar is ‘n kersvader, feetjies, dwergies en selfs dat Barbie werklik is. Sy bid elke aand ook vir liewe Jesus en bid dat Kersvader vir die arm kindertjies iets sal bring. De hel met julle skeinheiliges wat altyd iets lelik in alles wil gaan soek. Het julle nie iets beter om te doen nie? VIVA KERSVADER VIVA!

Louis Prinsloo ·

Cacophony- Dis die goeie deel van fantasie lewe en oor vertel. Die gevaar lê daarin sodra die fantasies skade kan bring in eie/kind(ers) se leeftyd.
Wat plaas jy op die spel, fantasies of waarhede? Slegs jy kan kies, want net jy gaan met die keuse moet saamleef; of dit nou goed of sleg uitwerk. Indien ongewens uitwerk, sal waarheid tog wat ook al te hoog vlieg; weer plat slaan om werklikheid te besef. Gaan lees gerus die skandelike nuusberigte oor die verklike “Barbie” model en hoe haar lewe uitgedraai het weens fantasies

Konteljons ·

Weet die man dan niks! Weet hy nie enige pastoor wat sy sout werd is trek die doom nader, of ‘n adder of twee vir die werklike hardnekkige gevalle. Twee spuite en al daai ongelowiges is weg.

Anne ·

Mag ek dalk waag om te se ek stem saam met jou De Villiers aangesien my kommentaar verwyder word.

Barrie Vermeulen ·

Hierdie liegstorie is onskuldige pret wat die fantasiewereld van die kind verryk. Ek het toe ek ‘n kind was daarin geglo en dit het my kindwees ongelooflik verryk. Baie vinnig soos jy grootword besef jy dit is nie waar nie. Niks en niemand is daadeur benadeel nie. Julle fariseers en huigelaars moet net gaan introspeksie hou. As jy vir my wil se jy het nooit mense en selfs jou kinders belieg oor iets anders nie, en daardeur dalk groot hartseer veroorsaak, glo jy aan iemand anders as God wat jou lewe regeer.

Louis Prinsloo ·

Barrie- Ek lees gereeld hoe mense kommentaar stuur oor hoe kinder lewe met fantasies verryk word. Elkeen word verskillend groot, my lewe was in graad R verryk toe ek die waarheid gehoor het en so tot besef gekom het daarvan. My stelling is dus hoekom kan waarheid nie ook die lewe van kinders verryk nie? En word die waarheid op regte manier oor kinders gesprinkel(verkondig), hoeveel te meer gaan dit hulle verryk.

Piet Le Roux ·

As mens gaan hare kloof oor wat mense glo en wat hulle, hulle kinders vertel plaas jy meeste gelowe in die spervuur!

Hendrik ·

As ek die meerderheid kommentare in oënskou neem dan is een ding vir my baie duidelik. Die eens Godvresende Afrikanervolk het ontaard in een van die mees goddelose volke op aarde. Mense, word wakker. die wederkoms van Jesus Christus is op hande…

popeye ·

Ek weet net kersvader het my na 50 jare wat ek hom dit vra , nie vir my gegee nie….’n kar radio toegedraai in ‘n rooi Ferrari!! Die simpel ou man!!!

se net ·

There is an amazng video out called saving christmas. It tell in a lovely how we can cellebrate Christmas without feeling guilty. It is a fact based DVD that we as Christians we need to see. We need focus on what is good and pure, but we focus on what is bad and destructive. Which is worse I wonder. I pastor that has been a bad example of Christ to the children and their parents or a man in a red suit bringing joy in a all ready dark and grim world. Just saying…

Lance ·

Pastoor is reg in die geval ….maar moet hy homself afdwing op ander …dalk kan hy in sy eie kerk begin waar mense na hom wil luister ….nie almal glo soos hy nie …HALLOOO

Nantis ·

Kersmoeder ek is ook n pa van 2seuns .ouers moet die celfone wegvat en ophou om hulle kinders na satanistiese programme laat kyk op die satans kassie.kinders moet buite gaan speel en leer om kinders te wees dan sal jy noe antideptesante nodig he vir jou kind nie

Die pastoor praat die waarheid ·

Jesus was nie n boom of n kersfees vader nie. Inteendeel staan santa vir satan. Dis jammer dat daar so baie mense is wat praktiese atheiste is wat se hulle is Christene maar hulle lewe wys dit nie. Maar die bybel is duidelik oor die eindtyd asook mense wat oorgegee word aan hulle sondes dat wanneer die duiwel met hulle klaar is dat hulle miskien sal terug draai na God. Hierdie pastoor doen die regte ding om die waarheid te praat en n ware dissipel van Jesus. Mag God jou seen pastoor

Victor ·

Geen “praktiese atheiste” (sic) sal sê hulle is christene nie. En lewer tog asb jou bewyse vir jou stelling dat Santa vir satan staan

Andre Roos ·

Piet,
Jy slaan die spyker op sy kop.
Lyk my die waarheid pla baie mense !!

grotman ·

SANTA CLAUS soos die Engelse taal noem is net n mix up van die woord SATAN en waarom die woord Kersvees? Dis mos eintlik Christus Fees!. Die karakter Kersvader = Jesus werk nie so mooi vir my nie maar so is daar baie ander dinge wat ook nie werk nie soos bv plaas moorde, Nkandla ens. Los kinders om nog in Kersvader en Tadmuis te glo, hulle aanbid hulle darm nie.

Oom Kalahari ·

As hierdie Pastoor my kleinkinders se geleentheid so moes bederf, het ek hom waarlik ‘n goeie klap gegee, Ons het so groot geword en daarmee geensins ons geloof in die Hemelse Vader laat verlore gaan nie. Gun hierdie kindertjies ook ‘n tydjie van plesier, want God se geboorte dag word ook daarin uitgebeeld. Gedurig word negatiewe dinge voorgestel soos nou met die woorde Santa Claus, waar staan dit in werklikheid of waar word dit so vertoon of deurgegee. Moenie altyd alles verdraai of lelik maak as dit nie so is nie.

Louis Prinsloo ·

Oom Kalahari- Ek lees baie se komentaar oor hoe hulle die persoon telyf sou gaan of klap.
Maak dus die volgende som:
Indien werklik daar was om houe uit te deel, wie sou as die monster gesien word?
Sou die “kersvader” opgespring het en die waarheid erken het voor almal of net stil bly?
Min besef ouers hulle word soms dalk gesien as die monsters wat waarheid onderdruk.
Indien kinders groot word en dae bedink wat waarheid stil gehou is en dan koppel met satan wat net stil gebly het soos hy vir Jesus aan die kruis gegluur het, wie gaan die kinders in hulle ouers sien wat stil gebly het oor die waarheid van kersfees?

gerbrandt ·

Die Pastoor en al die ander wat teen Kersvader is het seker nooit Kersgeskenke geky nie en het nog steeds suur druiwe daaroor. Het julle nooit sprokiesboeke gelees nie – met die Inseklopedie begin met slaaptyd? Kry ‘n lewe. Ons almal in ons familie is gelowiges en het nie ‘n probleem met kersvader of feetjies of dwergies of die tandmuis nie. Dit was lekker kinderpret. Tot vandag toe is dit vir ons lekker -. En ons geniet dit elke jaar Tradisievas!!!!

Johann ·

Pragtig eenhonderd persent vir u Pastoor, dit het tyd geword dat ons kinders in eerbaarheid opgevoed word

Pastoor Bert Werner ·

Gooi ‘n klip in die Bos en jy sien wat kom uit.!!!!!

Wat die Pastoor betref wil ek se hy het vorrwaar moed gehad om dit te doen, waar anders as om in so n besige Mall die waarheid vir mense te kom vertel, want ons wil mos nie die waarheid hoor nie, ja dit is waar ons het groot geword met n kersvader want ons was belieg gewees, terwyl die fokus en aandag op Christus moet wees. Hosea 4:6 se..My volk gaan ten gronde weens n gebrek aan kennis!!!!! Watse kennis??? Die kennis van die Woord… Al het hy nou dit op so n manier gedoen, vra ek die gene wat hier geskryf het, en julle.???? Wat glo julle vandag.??? Is die man reg of is hy verkeerd.??? Is tog so vreemd hulle het Jesus netso behandel toe Hy die Tempel tafels omgekeer het. Wanneer jy die waarheid preek stenig mense jou en se jy oordeel, maar vriende ek dink net dat ons die Woord gaan lees en net kyk, wanneer is Christus werklik gebore.???? As jy dit weet praat ons weer, en ja die Skrif maak dit baie duidelik vir ons in Sy woord..

Ch ·

Uiteindelk iemand wat die waarheid praat…..behalwe vd deel dat dit Jesus se geboorte is. Alhoewel ons verlosser in die herfs gebore is, is Christusfees n baie beter roep om te vier as die Kersfees waaraan die westerse wereld so klou. Dit was oorspronklik die fees wat deur Pagans gehou is “Satarnalia” wat die god Saturnus vereer. Alle gebruike wat meeste Amerikaners en mense regoor die wereld so wonderlik ag kom oorspronklik uit daardie geloof. Enige normale “Christen”mens wat die dinge weet, sal nie vir hul kinders vertel van “Santa/Saturn/vader tyd” as n goeie ikoon nie. Maar die heiden nasies en ander gelowe kan maar maak soos hul wil, natuurlik nie sonder nagevolge nie. Om vir n mens se kind te jok oor kersfader en ander vee verhale, laat hom teleurgesteld en verneuk voel wanneer hy of sy die waarheid leer. Maar wat is die waarheid in vandag se tyd, behalwe so skaars soos hoender tande. Vrye wil is goed, nagevolge nie soveel pret nie. Groete.

Skatymir ·

Die Pastoor moes net so bietjie dieper gekyk het dan sou hy gesien het dat kersfees ‘n heidense fees is. Yule in Nordies of ou Germaans en Saturnalia in Romeins. Dit is ‘n viering van die Songod wat baie name gehad het onder andere Mithras. Jeremia 10 verbied die opsit en versiering van die bome maar die meeste Christene ken nie die bybel goed genoeg nie. Die Christene het ons voorouers vermoor om sodoende hulle geloof op ons mense af te druk. Hulle kon nie die fees verbied nie en het toe maar dit probeer vetander in ‘n Christen fees. Gelukkig is dit net ‘n dun vineer en vinnig besig om te verdwyn.

Victor ·

…. en die ou testament verbied die eet van skulpvis en die dra van klere van verskillende materiaal – maar julle “cherry pick” mos lekker watter deeltjies van die mite julle aan glo and wat nie?

Skatymir ·

As dit nou die jaar 782 was het die pastoor seker die ouers se koppe afgekap soos Karl die Grote (???) wat 4500 Saxons se koppe afgekap het omdat hulle nie Christene wou word nie. Moet dit nie probeer ontken nie dit is in die Franse anale opgeteken. Ja dit is hoe ons Christene geword het. Presies soos die Turke moslems geword het.

Anna-Marie ·

Ongelukkig wil die mensdom nie lees wat werklik in die Bybel staan nie. Die predikante verdraai die Woord so dat als goed is. Kerstyd het absoluut niks met die Here te doen nie. Maar min wil dit hoor, almal wil kerstyd vier want dit is simbolies! Maar min weet wat die simboliek regtig is. Want dit pas nie hul “opvoeding” nie. Doen asb navorsing voor julle iets aanhang, dit is n gevaarlike speletjie. Net o.dat julle daarmee groot geword het se nie dit is reg nie. Ek het ook so groot geword, tot ek self my eie Bybel begin lees het! Toe vind ek die waarheid uit, nie die versuikerde snert wat aan ons verkondig word nie.

Columbiana ·

Jis wat ‘n verkrampte lot mense is julle nie. Mense wat so gretig is om kinders van “joy” te ontneem. Siestog julle het duidelik vergeet hie dit voel om kind te wees of julle ia so jaloers op.die “joy” van kindwees dat jullw dit nou probeer steel by kinders. Ag asb tog hoe absoluut kotsenswaardig

Louis Prinsloo ·

Columbiana- Waarheid is my “joy”. Is steeds en selfs van my jongste jare af, waarhede verwarm my hart meer as sprokies of fantasies. My vraag is dus hoekom weerhou daar nog soveel mense hulle kinders van die “joy” in waarheid?

ina Smith ·

Wow .. en die man word veroordeel omdat hy die waarheid praat ..?? Leuens is leuens , lieg bly lieg al verfraai mens dit hoe . Kersfees is seker die Grootse Leuen van almal .. maar nou ja gun die mense maar hul vergrype aan drank en kos ,Januarie kla almal weer oor geld wat te min is ..

Victor ·

Die pastoor gaan baie teleurgesteld wees as hy uitvind nie god of santa bestaan nie

Lolapot ·

Wat ‘n nare mens. Al wat hy gedoen het is om die kinders se harte te breek en die ouers meer die josie in te maak oor geloof. En julle klomp met julle satan storietjies (wat julle nogal in hoofletter skryf asof dit ‘n eer is) is seker ook van daai wat Stickeez en paaseiers as satanisties beskou. Skaam julle om die lewenslus van kindertjies so probeer uit te suig. Ooooh you better waatch out Santa Claus is coming to town. Asb tog kry net end met hierdie alewige soeke na satan. As jy hard genoeg soek kan jy dalk nog so iets kry in die Maroela embleem of dalk die landswapen of wag selfs in die koekies wat jou ouma gebak het. The only evil is the evil you hide in yourself!

Victor ·

As die priester vir my kinders kom preek, dan gaan hy sy voortande optel met gebreekte vingers. Hou jou geloof vir jouself, waar dit hoort

Victor ·

Watter geloof, Hendrik? Die posisie van geen geloof is tog interdaad die beginpunt van alles?

Victor ·

Hendrik,

“Geloof” in ateisme? Haha, is dit soos om te sê ‘n kaalkop is ‘n haarstyl?

Wat het die ontstaan van die lewe te doen met die geloof in ‘n bronstydperk mite? Ek, in teenstelling met jou, sal eerder erken ek soek nog na die antwoord van hoe die lewe ontstaan het as om op te hou soek en in ‘n mite te glo as die antwoord.

Dis baie, baie eenvoudig Hendrik. Die bewyslas is op die een wat positief aanvoer iets bestaan. Dus, bewys daar is ‘n skepper. Bewys dat daardie skepper die een is wat jy aanbid. As jy enigiets weet van die wetenskap weet jy dis nie moontlik om te bewys dat iets “nie bestaan” nie – daarom die bewyslas.

Almal word as ateiste gebore Hendrik – dan kom prent hulle ouers die idee van hulle gekose godheid in hul koppe in.

CHRISTA2 ·

Victor ek is jammer om jou mee te deel die een wat ‘n skok gaan kry is jy wanneer jy uitvind Jesus is die enigste werklikheid waaraan jy jou lewe lank kon vashou. Ek stel voor dat enige iemand wat nie self ‘n studie oor hierdie onderwerp gemaak het nie, nie hom/haar daaraan moet skuldig om die leuen verder te versprei nie. Laat die Heilige Gees julle lei in die waarheid nie julle eie emosies nie. Ek spoil liewer nou ‘n sprokie vir ‘n kind as om eendag te sien hoe daardie dierbare klein kindjie die afgrond ingly… Die Bybel waarsku ons dat die satan hom voordoen as ‘n engel van die lig. Gaan lees julle Bybels en word wys. Die satan loop rond soos ‘n brullende leeu om te kyk wie hy kan verskeur, ons het nie nodig om hom te gaan soek nie, hy is hier elke dag, minuut en uur.

Victor ·

Ek ken die bybel beter as meeste christene. En daar is baie mense, wat nes jy, dink hulle geloof is die ware geloof. Jy kies om nie aan al die ander gode te glo nie, ek voeg slegs jou god by daai lys

Oppas ·

Kersfees of Fees van die kerse waar christene langs die pad as kerse aan die brand gesteek is. Bonatuurlike tandmuis, feetjies, kabouters, paashaas, ens als pagan feeste tot stand gebring deur katolieke kerk om pagans wat ‘ge-convert’ is n plaasvervanger te gee wanneer hul pagan vriende hul feeste hou ander verloor hul lidmate en dus mag in n gebied. Paas fees met n haas of eier of hot x bun is simbolies van Isis die vrugbaarheids godin. Julle het geen idee waarvoor julle julle inlaat met hierdie lou heid nie en natuurlik sal ons saam met julle boed vir julle domastrandheid. Getroue protestante wat geen idee het waarvoor jul staan nie. Sterkte. Die storm kom agv julle wat so maklik mislei word

Victor ·

Dis 2016, en mense glo nog sulke snert. Geen wonder die wêreld het soveel probleme nie

CHRISTA2 ·

Ek kan net AMEN sê op Oppas se kommentaar. Mense word te maklik mislei omdat hulle nie die stem van hulle Herder ken nie.

CHRISTA 2 ·

Victor ek besef as ek jou skrywe lees, jy het nog nie ‘n ontmoeting met Jesus gehad nie. Jy mis ongelooflik baie. Ek kan en sal net vir jou bid dat jou ontmoeting kom voordat jou werklikheid jou nagmerrie word. Ek gaan nie verder hieroor redeneer nie, ek weet verseker dat JESUS leef en hoop en bid jy sal spoedig ook so kan sê.

Victor ·

Dankie vir die welwense Christa 2, ek hoop dat die skille van jou eie oë sal afval en dat jy die werklikheid sal besef, dat daar net 1 lewe is, dat jy op jou eie 100% verantwoordelik is vir slegte besluite, nie die duiwel nie, en die beste van jou enigste lewe sal maak. Dis uiters hartseer om daardie 1 lewe te wei aan ‘n mite

Janet ·

Victor, jy sê jy ken die Bybel, maar ek is bevrees nie die God van die Bybel nie.

Victor ·

Is daar ‘n verskil? Die god van die bybel word tog geken deur die bybel – dis dan die boek wat die god geskryf het? Hoe verskil dit met enige ander geloof? Want al die ander mense stry net so hard soos die christene hulle weergawe van die waarheid is die regte een, en intussen maak almal mekaar dood want die een het ‘n ander onsigbare vriend as die ander een!

Npiets ·

Gaan google asb The true origin of christmas. Yahshua (Jesus) is in September maand gebore tydens die 7de Fees Sukkot (Feast of Tabernacles, in Levitikus sê God dat dit Sy Feeste is, en nie joodse feeste soos wat mense soms sê nie) tydens die sensus opname…25 Des sneeu dit of is dit minus grade in Jerusalem. Geen herders in die ope velde nie mense! Doen self navorsing en kyk hoe christene vir eeue mislei is….Begin weer God se Feeste vier! Daar is soveel diepte daarin. Enige fees wat maamo gedrewe is moet jou laat wonder….
Lev 23 v 2 …These are My Feasts…..
Jer 10:10 praat oor die kersboom en weë va die heidene wat Ons Vader uitdruklik sê ons nie moet aanleer nie. http//rcg.org gaan google The true origin of christmas. Julle sal geskok wees!

Victor ·

Watter oorspronklike bronne is daar vir “Yashua” se geboorte datum? Daar is GEEN oorspronklike geskrifte beskikbaar vir die nuwe testament nie – gaan Google dit gerus. Ons het bloot kopie van kopie van kopiee

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.