[Video] Pa gooi baba na veiligheid toe motor sink

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Pa wat vermoedelik beheer oor sy motor verloor het en daarmee in ʼn rivier beland het terwyl sy gesin steeds in die motor was, maak wyd opslae op YouTube in ʼn video wat wys hoe hy ʼn baba etlike meters na veiligheid gooi terwyl die motor besig is om in die water weg te sink.

Die Chinese gesin was glo op pad om familie te besoek. Volgens ooggetuies het die man se motor skielik die grondpad verlaat en in die water beland.

Minstens vier volwassenes en die baba was in die motor toe die voorval plaasgevind het.

In die video kan gesien word hoe die pa die baba vir ʼn man op die rivieroewer gooi.

Die pa, wat op die enjinkap van die motor gestaan het terwyl die motor in die water sink, het in die water neergeploeg nadat ʼn man daarin kon slaag om die baba te vang. Die rivierstroom was vermoedelik te sterk en die man was bang om saam met die baba in die water meegesleur te raak.

Motoriste het reddingsbaadjies in die water gegooi vir die gesin se veiligheid.

Die familie het nie ernstig beserings opgedoen nie en die motor is later uit die rivier getrek.

https://youtu.be/2of4z_ye6A4

Bron: Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Annemarie ·

Dis nou ñ mooi positiewe einde vir ñ verandering! Pa het mooi vinnig gedink!!

Carel ·

Vinnig gedink. Die landsburgers in ons land sal sê: “Uh . . . duh” en die koerante sal berig van ‘n hele familie wat verdrink het.

Johan ·

Dit lyk mos vir my na ‘n Kuga. Dink hy het besluit ek verdrink eerder voor ek uitbrand !

Liza ·

Ha ha ha Johan …. danki ek lag ‘n bietjie……. bly dit het als mooi afgeloop, dit kon anders gewees het……arme kind……gelukkig ken die ou sy vangs……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.