Video: Pa hoor regstreeks op TV sy vermiste seun is veilig

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Pa van Detroit in Amerika is regstreeks op televisie in kennis gestel dat sy vermiste seun in hulle huis se kelder opgespoor is. Die stiefma is intussen in hegtenis geneem.

Charlie Bothuell (12) het op 14 Junie verdwyn en die polisie was bekommerd dat hy moontlik dood kan wees nadat hulle hom 11 dae later nog steeds nie kon opspoor nie. Sy pa, Charles Bothuell IV was Woensdag besig met ʼn televisie-onderhoud om mense se hulp te versoek, toe Nancy Grace hom in kennis gestel het dat sy seun veilig opgespoor is.

Die pa was sprakeloos toe hy hoor sy seun is agter bokse in die kelder opgespoor.

Die polisie en die FBI het glo ʼn paar keer die kelder deursoek. Die polisie het bevestig hulle kadawerhonde het ook die kelder deursoek.

Charlie is uit die huis verwyder en het by ʼn nabygeleë hospitaal mediese behandeling ontvang. Hy is Donderdag uit die hospitaal ontslaan en is nou by sy biologiese ma.

Die polisie se ondersoekbeamptes is onseker of die seun al 11 dae lank in die kelder was.

Intussen is Charlie se stiefma, Monique Dillard-Bothuell, in hegtenis geneem. Die polisie het ook twee kinders, ʼn baba van 10 maande en ʼn vierjarige kleuter uit die huis verwyder.

Bron: Mlive.com, wxyz.com, clickondetroit.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.