[Video] Pa pak man in hof na dogtertjie se dood

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Chaos het in ʼn hof in Michigan in die VSA uitgebreek toe ʼn pa die man wat skuldig bevind is vir sy aandeel in die dood van eersgenoemde se driejarige dogtertjie met die vuis bygedam het.

Die Daily Mail berig Jasmine Gordon (25) en haar kêrel, Clifford Thomas (34), is aan onwillekeurige strafbare manslag skuldig bevind ná die dood van die driejarige Jamila. Haar biologiese pa, Dwayne Smith, moes tydens die vonnisoplegging getuig en dit is toe dat hy Thomas met die vuis bygedam het.

Jamila is in September 2014 dood nadat Gordon, haar ma, en Thomas haar na ’n hospitaal geneem het omdat sy glo nie meer asemgehaal het nie. Die egpaar het beweer dat Jamila haar kop gestamp en toe haar bewussyn verloor het. Daar is egter later vasgestel dat sy mishandel is. Gordon is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis terwyl Thomas ses tot 15 jaar tronkstraf opgelê is.

https://youtu.be/zJAEc4228k4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SNEL ·

Ek neem hom nie kwalik nie. Hoop nie hy kry nou n aand of twee in die selle oor die vuishou nie. Wens eintlik dat hy daai Thomas vent se neus gebreek het. Kan nie dink dat mense so iets aan n klein weerlose kindjie doen nie, 15 jaar is te min.

Fanie ·

Hy moes hulle altwee iets erger aangedoen het. Watse pyn en lyding moes daardie arme klein kind nie deurgaan en staan nie. Hulle moet stadig gemartel word, tot die dood intree. Ek hoop dit gebeur in daardie 15 jaar in die tronk.

Gerda ·

Ok goed en wel, maar waar was hy toe sy kind nog gelewe het? Kon hy nie toe al onraad vermoed het nie, ek meen as n ouer moes hy tog iets agter gekom gekom het en ondersoek laat instel het,

Yvonne ·

Op daardie jong ouderdom kry die ma’s gewoonlik toesig, en die pa sien kleinding net as dit sy naweek is. Mens kan sien dat daardie “tradisie” verbreek moet word. Heel duidelik was die biologiese pa ‘n baie beter keuse gewees as die ma. As sy by hom was het sy nog gelewe!
Dis tyd dat die howe wakker skrik en besef die onskuldige arme ou vroutjie is partykeer nie so oulik en onskuldig as wat sy wil laat glo nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.