Video: Pa skop seun by skaatsplankbaan af

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die video volg onderaan die berig. ʼn Video van ʼn pa wat sy seun by ʼn skaatsplankbaan afstamp, het groot reaksie op sosiale media ontlok.

Die video, wat Vrydag deur die gebruiker Ryan Stephens (@lilbubs) op Instagram gelaai is, wys hoe Marcus Crossland sy sesjarige seun skop dat hy by die skaatsplankbaan afval.

Die voorval het Vrydagmiddag by Kona-skaatsplankpark in Arlington, Jacksonville in Amerika plaasgevind. Die seun het gelukkig nie seergekry nie.

Martin Ramos, bestuurder by die skaatsplankpark, het gesê die pa en seun is gereeld saam by die park te sien. Die seun, met die bynaam Dino the Dinosaur, word as ʼn skaatsplank-wonderkind beskou. “Soms is ouers oorentoesiasties oor hul kinders se vermoë en dan voer hulle dit bietjie ver,” het Ramos gesê. Hy sê die pa het berou getoon en besef die erns van die situasie.

Ramos het die pa dadelik uit die park verbied.

Crossland het aan First Coast News gesê die polisie in Jacksonville wil hom ondervra en hy wou nie verder kommentaar lewer nie.

First Coast News het verder berig die departement van kinders en gesinne sal die voorval ondersoek.

Klik hier om die oorspronklike video op Instagram te sien.

Bron: NY Daily News, First Coast News, Wusa9

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Daantjie Maartens ·

Duidelik dink die pa ook nie veel van seunie se agterent nie ! ( My ander post het verdwyn. Dus herhaal ek maar weer : n Skop onder die alie is n duim VORENTOE ! )

leana ·

Het die spreekwoord nou verander na: “‘n Skop op sy tyd is soos brood en konfyt”!

Shannon ·

Ek neem aan jy pas die selle tegniek toe op jou kinders ? Het jy enige ?

Ria Maritz ·

AmY, ek stem 100% saam met jou, daar loop baie sulke monsters tussen ons.

Hierdie eenvoudige siel het nie GEDINK nie, wat as die kind se rug seergekry het … dan draai die lafaard so ewige om en loop net weg.

Theresa ·

Die man is nie ‘n pa se g@t nie. Wonder net waarmee ontgeld die arme kind dit nog in daai huis. Ek hoop die welsyn gee hom skok-terapie. Ek dink ‘n mens sal na jou asem snak as jy sien hoeveel sulke monster ouers daar in die wereld is. Arme kind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.