Video: Passasiers moet self handjie bysit om vliegtuig in die lug te kry

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Russiese passasiers moes eers ʼn vliegtuig gestoot het voor hulle na hul bestemming kon vlieg.

Euronews berig dat die vliegtuig van Igarka in Siberië na Krasnoyarsk gevlieg het maar dat passasiers eers die vliegtuig moes help stoot nadat die onderstel weens ysige weerstoestande vasgevries het. Dit het glo tot gevolg gehad dat die vliegtuig nie na die landingstrook gesleep kon word nie.

Die passasiers het uit die vliegtuig geklim en dit na die landingstrook begin stoot. Die 81 passasiers het veilig by hulle bestemming aangekom. ʼn Video van die voorval is op YouTube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elizabeth ·

Ha-ha! Dis nou ‘n lekker iets om te lees – boer maak mos ‘n plan – of in die geval ‘n Rus! Verseker WOU hulle daardie dag vlieg, al moes hul die dekselse vliegtuig aan die brand skop!

Elizabeth ·

Ha-ha! Dis nou ‘n lekker iets om te lees – boer maak mos ‘n plan – of in die geval ‘n Rus! Verseker WOU hulle daardie dag vlieg, al moes hul die dekselse vliegtuig aan die gang stoot of aan die brand skop!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.