[Video] Passasiers skrik groot vir slang aan boord

Die groenerige slang in die vliegtuig van Aeromexico (Foto: Skermgreep uit video deur Indalecio Medina, Twitter)

Die groenerige slang in die vliegtuig van Aeromexico (Foto: Skermgreep uit video deur Indalecio Medina, Twitter)

Passasiers aan boord ʼn kommersiële vlug in Mexiko het groot geskrik toe ʼn slang skielik in die kajuit in seil, byna net soos die fliek, “Snakes on a Plane”.

Die lugredery Aeromexico het gesê die slang is tydens Sondag se vlug van Torreon in die noorde op pad na Mexikostad opgemerk.

ʼn Kort video van die voorval wat op sosiale media gedeel word, wys hoe die groenerige slang uit die plafon agter ʼn bagasiekompartement seil en dan gedeeltelik afsak in die kajuit.

Aeromexico het in ʼn verklaring gesê die vliegtuig het prioriteit landingsvoordeel in Mexikostad gekry, terwyl personeellede die slang gevang het.

Die lugredery het gesê hy stel ondersoek in hoe die slang in die kajuit beland het en stappe sal gedoen word om dit in die toekoms te verhoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Liendempers ·

Kyk, daai vliegtuig is groot genoeg vir my en die slang nie. Een sal moet gaan…..

Marina ·

Dis goed gese en ek kan jou nou vertel, dis nie ek wat sal gaan nie

Tonginniekies ·

The movie “Snakes on a plane”, what was it about?
Snakes on a plane…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.