Video: Piesangselfies ná rassisme-voorval

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Talle bekendes, waaronder die president van Brasilië Dilma Rousseff, publiseer foto’s waar hulle ‘n piesang eet, op sosiale media ná ‘n rassisme-voorval by ‘n sokkerwedstryd in Spanje.

‘n Ondersteuner van die Spaanse klub Villareal, het op 27 April Dani Alves, ʼn bruin speler vir Barcelona, met ‘n piesang gegooi net toe die speler ‘n hoekskop sou waarneem.

Alves, ʼn Brasiliaan, het dadelik standpunt teen rassisme ingeneem deur die piesang op te raap en ‘n hap daaruit te neem.

Een van Alves se spanmaats, Neymar, het ná die voorval ʼn foto van homself en sy tweejarige op sosiale media geplaas waar hulle piesangs eet. Talle ander bekendes, ondersteuners en regeringsbeamptes het vinnig reageer en met ʼn piesangselfie-veldtog op Twitter begin om hul ondersteuning teen rassisme in sokker te wys. Klik hier om van die foto’s te sien.

Persone neem ʼn foto waar hulle ʼn piesang eet en laai dit dan met die hutssleutel #bananaselfie op sosiale media.

“My reaksie was spontaan,” het Alves gesê. “Iemand het ʼn piesang gegooi, ek het dit opgetel en geëet sonder om aan die gevolge te dink. As jy nie aanstoot neem deur aanstootlike gedrag nie, dan het die oortreder nie sy doel bereik nie.”

Die ondersteuner is lewenslank van die stadion verbied.
http://youtu.be/ahiWKAu8huA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tokkie ·

Ek is seker nou dom – maar hoe kan dit nou rassisme wees? In die verlede het hulle die rugbyspelers met nartjies gegooi om uiting te gee aan ontevredenheid oor swak spel wat ek terloops as swak maniere beskou het, mmar rasisme???? rêrig die wêreld gaan oorboord met rassisme

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.