[Video] Pikkewyntjie na David Bowie vernoem

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Klein pikkewyn wat Vrydag, op Elvis Presley en David Bowie se verjaarsdae gebore is, laat harte wêreldwyd smelt.

Die bloupikkewyn is by die Cincinnati-dieretuin gebore, maar omdat hulle reeds ʼn pikkewyn genaamd “The King” het, wat na Elvis Presley vernoem is, het hulle besluit om dié pikkewyn “Bowie” te noem – min wetend dat die bekende sanger, waarna die pikkewyn vernoem is, twee dae later sou sterf.

“Ontmoet Bowie, die eerste dieretuinbaba van 2016!” het die dieretuin Vrydag op Twitter geskryf. “Die kuiken is na @DavidBowieReal vernoem, want dit is vandag sy verjaarsdag!”

Die kuiken is om 06:00 gebore en het minder as 46 gram geweeg.

Die popster is Sondag in die ouderdom van 69 oorlede nadat hy sy stryd teen kanker verloor het. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

EMK ·

Moes hy nie liewer Elvis Bowie heet nie – dan is albei sangers vereer : D!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.