Video: Polisie skiet tienermeisie in VSA dood

Ma’khia Bryant (16) is Dinsdag in Ohio in die VSA deur ’n polisiebeampte doodgesiet. (Foto: Twitter)

Die 16-jarige Ma’Khia Bryant is Dinsdag in Ohio in die VSA deur ’n polisiebeampte doodgeskiet toe sy probeer het om ’n ander meisie met ’n mes te steek.

Die skietvoorval het plaasgevind kort voordat die voormalige polisiebeampte Derek Chauvin van Minneapolis aan die moord van George Floyd skuldig bevind is.

Beeldmateriaal van die voorval is intussen deur die polisie bekendgestel.

“Dit was vir ons belangrik om dit met die gemeenskap te deel, sodat daar deursigtigheid oor die voorval is en daar solank antwoorde op mense se vrae kan wees,” het Michael Woods, polisiehoof in Columbus, gesê.

Volgens Woods het polisiebeamptes om ongeveer 16:30 op ’n 911-noodoproep gereageer van iemand wat aangedui het dat hulle ’n mesaanval vrees.

In die video kan gesien word hoe die polisie by die toneel aankom en daar ’n onderonsie plaasvind terwyl enkele mense staan en toekyk. Een tienermeisie poog dan om ’n ander een met wat lyk soos ’n mes te steek. Dis op dié oomblik dat skote klap en Bryant op die grond neerval.

Later kan gesien word hoe die polisiebeampte die mes eenkant toe gooi.

Bryant se dood kom te midde van toenemende woede oor rasse-onregverdigheid en polisiebrutaliteit in die VSA. Betogings het sedertdien in Columbus vlamgevat.

“Dis ’n aaklige, hartverskeurende situasie,” het Andrew Ginther, burgemeester van Columbus, oor Bryant se dood gesê.

Hy het ook gesê dit is ’n hartseer dag in dié stad en gevra dat inwoners vir haar familie moet bid.

Hy het bygevoeg dat die polisiebeampte, wie se naam nog nie bekendgemaak is nie, opgetree het om ’n ander tienermeisie in die gemeenskap te beskerm.

Bryant se Ma, Paula, het aan die plaaslike CBS-stasie gesê dat haar dogter ’n vreedsame, liefdevolle meisie was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Androclus ·

Ja wat ‘n mes is net so goed soos’n vuurwapen.as hy op die regte plek kom is dit net soos ‘n koeël,blus jou lewe.

Aai ·

As sy mes by haar gehad het en iemand wou steek het hy die reg gehad om haar te stop deur haar te skiet hy het iemand se lewe gespaar.(Artikel 49 van die Strafproseswet 51 van 1977 : regverdiging van gebruik van geweld by inhegtenisneming )

Dirk Mostert ·

Dankie. Ek sal dit onthou as ek my dalk moet verdedig teen ‘n aanvaller.

Klipkop ·

Solank daardie persoon net nie blank is nie. Dan beteken Art.49 maar weinig.

Pieter ·

Ag Asseblief, liefdevol en vreedsaam. Glo baie min. Die polisie was in die situasie korrek. (Hulle moes n lewe in gevaar red).

Werner ·

Wel as hulle haar nie geskiet het nie was die ander meisie dood.So wie se lewe is die belangrikste die misdadiger of die slagoffer.Dit is nou nie SA waar die misdadiger se lewe meer werd is nie.

Willem ·

Dis absoluut verstommend. Volgens haar ma was sy “vredeliewend”, George Floyd was hoog op Fentanyl en het pas ‘n misdaad gepleeg voor sy dood maar hy word opgehemel asof hy ‘n heilige was! Hier by ons word ‘n borr met ‘n kierie aangerand maar mou sit die boere in die tronk!? Wonder enigeen waarom misdaad hoogty vier?

Dries ·

Die duiwel is los in die wereld. Polisie is onder geweldige druk in Amerika. Hulle word gejag en kan nie meer hulle pligte uitvoer nie. Dit het n sonde geword om blank te wees

Fedup ·

Here we go again.
She was innocent. Never had a knive with her to do harm to someone else.
Now the can of worms popped open.
I begin to wonder if these people are taunting the police or are they just common?
Anyhoo, let us see what exactly the outcome will be.

Anton ·

En as n swart polisieman n wit dogtertjie geskiet het sou dit glad nie op die nuus gewees net nie.Die wereld is siek en sy mense gebrainwash!

Elize ·

Hulle is altyd liefdevol as hulle dood is. Ek voel egter die polisieman kon haar in die been geskiet het. Nie ‘n situasie waarin ek sou skiet om dood te skiet nie.

Jean ·

Iemand anders het di took gesê met die man van S.A. wat dood geskiet is. Dis nie so maklik om iemand in die been te skiet as dit donker is of as hulle die heletyd rondbeweeg. En wie sê sy sou nie nogsteeds die person met die mes kon steek as sy in die been geskiet was?

Klipkop ·

Ek wil sien hoe skiet jy die inbreker in jou huis in die been wat skielik op een van jou kinders afstorm.

Danie ·

Ja die BLM gaan nou weer stemme dik maak, maar wat ek nie verstaan waar was die BLM en ons eie mense soos AB en Francois nou toe duisende se koppe afgekap was in Mosambiek. Waar is die BLM en die swart bandjie draers. Waar is ons sportmanne wat die knieg gebuig het vir die BLM of is die Mosambiekers nie swart nie.

Jack Russ1 ·

Die opskrif moet eerder verander word van “Polisie skiet tienermeisie in VSA dood” na “Polisie red meisie van mes aanval”

Hoekom ·

Nou gaan sy weer onskuldig wees. BLM gaan plunder, brand en aanrand om hulle politieke doeleindes na te jaag en die huidige withuis gaan hulle ondersteun. Niemand gee om oor die slagoffers of hoe die polisie iemand se lewe gered het nie. Vir DP politiek, maak net die wat dood is se velkleur saak…

Keelvol ·

Vreedsame en liefdevolle mens wat iemand anderste se lewe met n mes bedreig het.

Debbie ·

Hoe kan iemand liefdevol genoem word as hulle moord wou pleeg

gpsa ·

Polisie moet al klaar begin om verskoning vra, as dit so aangaan gaan niemand in die polisie mag wil wees nie.

Lourens CFG ·

Van hulle het al klaar bedank. Dink dit was 17 by die een plek.

Genis ·

Kyk ek hou baie van Polisie, doen die regte dink… Maar ek dink die Biden regeme gaan dit stop sit… Skree ook BLM as die misdadigers vas gevat word.

Mariana ·

Vreedsame liefdevolle meisie wat net ‘n ander wou steek met ‘n mes. Regtig? Hier kom nou weer betogings deur die BLM spul. Polisie is nou gemerk em als wat hulle doen in hul werk sal verkeerd wees. Hulle moes haar seker los dat sy die kind doodsteek.

fs ·

Jammer dat ‘n jong meisie haar lewe moet verloor omdat sy haar nie kan gedra nie…. mes is ‘n dodelike wapen.. sou die polisie haar toelaat om die ander persoon dood te steek sou hul ook in poef gewees het… vredeliewend se alie man… daai video wys sy het baklei en ‘n ander ou het nog ‘n skop ook ingekry… wat het sy verwag gaan gebeur, net ‘n tikkie op die mes hand?

Vlakvark ·

Al wat die polisie in Amerika moet doen is net eenkant staan en toekyk as een van elite in die nuwe regering aangeval word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.