Video: Polisiebeamptes keer rug op NY-burgemeester

By die nagwaak vir die twee New York-polisiebeamptes wat doodgeskiet is. Foto: Village of Island Park, Facebook

By die nagwaak vir die twee New York-polisiebeamptes wat doodgeskiet is. Foto: Village of Island Park, Facebook

Lede van New York se grootste polisievakbond het tydens ‘n nuuskonferensie met hul rug gekeer gestaan na die burgemeester van New York, Bill de Blasio. Die polisie se optrede is op video vasgelê.

Die optrede kom blykbaar uit protes oor die burgemeester se “verkeerde houding” na die moord op twee polisiebeamptes van New York. Die twee beamptes, Rafael Ramos en Wenjian Liu, het in hul patrolliemotor gesit toe Ismaaiyl Brinsley hulle doodgeskiet het. Brinsley het vooraf op die sosialemediawebwerf Instagram aangedui dat hy dit gaan doen. Volgens hom wou hy weerwraak neem vir twee swart mans wat die afgelope semester gesterf het toe hulle hul teen inhegtenisneming verset het. In beide gevalle het die groot juries besluit om die polisiebeamptes nie te vervolg nie. Brinsley het na die moorde selfmoord gepleeg.

Volgens die polisievakbond stuur De Blasio die verkeerde boodskap uit deur te simpatiek te klink met die betogings wat na die jurie-uitsprake gevolg het. Di Blasio sou “bloed aan die hande” hê.

Bron: Wall Street Journal, Trouw. Lees meer in Newser.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eugene ·

Kan De Blasio, Obama en hulle Demokraat-maatjies nie sien wat dit gaan veroorsaak om simpatiek teenoor kriminele en swak gedrag te wees nie? As hulle die toekoms wil sien moet hulle die misdaadparadys en die diskriminasie-hemel aan die suidpuntjie van Afrika bestudeer. Niemand wen in so ‘n situasie nie (behalwe natuurlik die politiese-elite & hulle kaders wat skep uit die anargie wat hulle veroorsaak)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.